Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
3180 – 3200

Twee skorsings, drie gearresteer in belastingbedrog

Die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA het 'n belasting terugbetalingsbedrog skema ontdek wat gekoppel is aan sy terugbetalingsinisiatief, wat gelei het tot meer as 666 000 Namibiese dollar in onwettige uitbetalings aan 47 belastingbetalers tussen Januarie en April 2025. Die terugbetalings is verwerk met behulp van die persoonlike besonderhede van meestal werklose…
5 May 2025 9PM 1 min

Mashatile verdedig swart ekonomiese bemagtiging

Adjunkpresident Paul Mashatile sê ekonomiese regstelling en transformasie het praktiese stukrag gekry deur verskeie wette, ondermeer die Wet op Breedgebaseerde Swart Ekonomiese Bemagtiging van 2003, soos gewysig in 2013. Hy sê dit bly 'n noodsaaklike deel van die land se ekonomiese landskap. Mashatile sê oor die afgelope 22 jaar het…
5 May 2025 8PM 1 min

EIF, Groenwaterstofprogram vergader in Karas

Die Omgewingsbeleggingsfonds, in vennootskap met die Namibië Groenwaterstofprogram, bied van 7 tot 9 Mei 'n werkswinkel vir belanghebbendes in die Karas-streek aan. Dit is om terugvoering in te win oor konsepnotas wat ontwikkel is uit voor-uitvoerbaarheidstudies oor 'n groen waterstof-aanleg, die Neckartal groenskema en 'n aflandige windkrag-projek. Kosmos 94.1 Nuus…
5 May 2025 8PM 1 min

Hamilton sal sy frustrasies privaat met Ferrari uitwerk

Die sewemalige Formule Een-wêreldkampioen, Lewis Hamilton, sê baie van die frustrasie wat hy tydens gister se Miami Grand Prix oor die spanradio uitgespreek het, is veroorsaak deur Ferrari se langdurige probleme. Hy het gefrustreerd geraak toe hy sy spanmaat Charles Leclerc ingehaal het omdat hy vinniger was, maar nie onmiddellik…
5 May 2025 2AM 1 min

N$2,7 miljard nodig om al die PLAN-veterane uit te betaal

Tydens die bespreking van die begroting vir veterane sake in die Nasionale Vergadering, wat 1,5 miljard Namibiese dollar in die huidige boekjar ontvang het, het die adjunk lynminister Charles Mubita vrae beantwoord. Die sekretaris-generaal van Swapo, Sophia Shaningwa, het gevra wat dit sal verg om 16 000 veterane uit te…
5 May 2025 2AM 1 min

Noa sê oor Meatco-herrie

Na wat berig word het Joseph Andreas, 'n lid van Meatco se raad, 'n brief per e-pos aan Sakaria Nghikembua, die voorsitter van die raad, gestuur waarin hy sê dat Nghikembua nie bevoeg is om die raad te lei nie. Die e-pos is ook gestuur na Paulus Noa, direkteur van…
5 May 2025 1AM 1 min

DA sê oor opgradering van Stad Kaapstad deur Moody's

Die DA sê die Stad Kaapstad se kredietgraderingsopgradering van Moody's is 'n onderskrywing van die metro se gesonde finansiële bestuur en toewyding aan werklike dienslewering. Die graderingsagentskap se assessering het die metro se finansiële bestuur as sterk gekarakteriseer en die goeie bestuur en ambisieuse infrastruktuurplanne geprys. Die DA se nasionale…
5 May 2025 1AM 1 min

Orania, Kleinfontein bedreig nie SA nie, dra eintlik by

Die Vryheidsfront Plus sê Afrikaner-kultuurgemeenskappe, soos Orania en Kleinfontein, hou geen bedreiging vir Suid-Afrika in nie; inteendeel, hulle dra by tot die land se groei. Kleinfontein, oos van Pretoria, het onlangs toenemende openbare aandag gekry, met die EFF én MK-party wat verontwaardiging uitgespreek het oor sy voortgesette beleid van segregasie…
4 May 2025 11PM 1 min

Whk Stadspolisie beplan mobiele paniekknoppie

Die Windhoekse Stadspolisie beplan om 'n mobiele paniekknoppie-stelsel in werking te stel om noodreaksie regoor die stad te verbeter. Volgens Stadspolisiehoof Leevi Ileka sal verskeie paniekknoppies in huise geïnstalleer kan word, insluitend in slaapkamers en kinderkamers, wat vinniger toegang tot hulp sal bied. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Stadspolisie…
4 May 2025 10PM 1 min

Casper Ruud vat die Madrid Ope

Die Noorweër Casper Ruud het die Madrid Ope gewen - sy eerste ATP Meesters-1 000-titel. Die 26-jarige Ruud het 'n opdraande stryd gehad om die Brit Jack Draper te klop en daarmee sy grootste titel ooit in te palm. 'n Oorwinning vir Draper sou vir hom sy tweede Meesters-1 000…
4 May 2025 10PM 1 min

SA-vervoerdepartement werk hard om rybewys drukmasjien te herstel

Die departement van Vervoer sê hy sal eersdaags 'n permanente oplossing aankondig vir die lisensiedrukmasjien wat gereeld buite werking is. Die woordvoerder Collen Msibi, het aan SABC News gesê die departement gaan ook 'n tydelike maatreël instel om die huidige agterstand te verlig. Die onderbrekings het frustrasie veroorsaak onder motoriste…
4 May 2025 9PM 1 min

Piastri wen in Miami

Oscar Piastri van McLaren het van die vierde wegspringplek daarin geslaag om die Miami Grand Prix te wen, sy derde agtereenvolgende oorwinning. Die Australiër se spanmaat, Lando Norris, het van 'n sesde plek herstel na 'n voorval met Max Verstappen van Red Bull in die eerste ronde, om tweede te…
4 May 2025 9PM 1 min

Motshekga sê SANDF onttrekking uit DRK is noodsaaklik

Die minister van verdediging en militêre veterane, Angie Motshekga, sê die onttrekking van Suid-Afrikaanse troepe uit die DRK dui op 'n nuwe hoofstuk in vredesbewaring in die streek. Sy het aan die media bevestig dat magte van onder meer Tanzanië en Malawi die sendinggebied begin verlaat het. Sy sê die…
4 May 2025 7PM 1 min

Nie alle Namibiërs vry, sê Nahas

Cassingadag word jaarliks op 4 Mei herdenk. Dit is die datum waarop meer as 600 mense, insluitend vroue en kinders, deur Suid-Afrikaanse magte vermoor is by 'n Namibiese vlugteling-transito-nedersetting in Cassinga, in die suide van Angola. Vanjaar herdenk Namibië 47 jaar sedert die slagting in 1978, onder nuwe president Netumbo…
4 May 2025 3AM 1 min

Kleinvee-uitvoere gedy ná reën

Die reënval het gelei tot 'n merkbare toename in die verkope van kleinvee en die tekorte by Farmers’ Meat Market is nou aangespreek. Dit verseker 'n toename in uitvoervolumes. Kosmos 94.1 Nuus het met die uitvoerende hoof van Ohlthalver en List, Sven Thieme, gepraat. Hy sien uit na 'n goeie…
4 May 2025 2AM 1 min

Ondersoek kom na misdade uit apartheidsera

Die minister van justisie en grondwetlike ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, president Cyril Ramaphosa se besluit ondersteun om ’n regterlike ondersoekkommissie in te stel na beweerde vertragings in die vervolging van misdade uit die apartheidsera. Dit behels ondersoeke van vorige administrasies, wat deur die Waarheids- en Versoeningskommissie na die Nasionale Vervolgingsgesag verwys…
4 May 2025 1AM 1 min

'Joslin-uitspraak belangrike stap na geregtigheid'

The United Democratic Movement Women’s Organisation het die skuldigbevinding van Kelly Smith en haar mede-beskuldigdes vir die ontvoering en mensehandel van die sesjarige Joslin Smith, verwelkom. Die Hooggeregshof in die Wes-Kaap het in Saldanhabaai gesit en vonnisoplegging vind Vrydag plaas. Die sekretaris-generaal van UDEMWO, Thandi Nontenja, sê die uitspraak is…
4 May 2025 12AM 1 min

Omaheke ernstig oor kinderveiligheid

Sleutelinstellings in Omaheke gaan met die polisie saamspan om die veiligheid van die jeug in dié streek te verbeter in reaksie op die vlaag kindermoorde in Namibië. Volgens die hoof van misdaadvoorkoming in Omaheke, adjunk-kommissaris Jackson Kamwangha, het die polisie met ‘n bewusmakingsveldtog be skole begin sal patrollies en beheerpunte…
3 May 2025 10PM 1 min

Wes-Kaapse regering in spervuur oor George-gebou

Brett Herron van die GOOD party het die Wes-Kaapse regering se toesig oor die George-gebou-ineenstorting gekritiseer en noem dit 'n leë prestasie. Hy sê die slagoffers se families is nie gerespekteer nie, aangesien die Parlement se Staande Komitee oor Infrastruktuur nie finale verslae gelewer het of belangrike amptenare ondervra het…
3 May 2025 10PM 1 min

Kragstelsel bly stabiel, sê Eskom

Eskom sê die kragstelsel bly stabiel met volgehoue beplande instandhouding en verbeterde vlakke van onbeplande onderbrekings. Vanaf 1 April tot 1 Mei het onbeplande onderbrekings afgeneem tot 12 644 megawatt, terwyl 2 850 megawatt na verwagting voor piektyd Maandagaand beskikbaar sal wees. Die Eskom-woordvoerder Daphne Mokwena sê die nutsmaatskappy toon…
3 May 2025 9PM 1 min
3180 – 3200