Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
3220 – 3240

Steenhuisen sê regering moet struikelblokke vir werkskepping verwyder

Die DA-leier John Steenhuisen sê daar is vandag hoop vir werkskepping en ekonomiese groei in Suid-Afrika omdat die land se rigting en pad in verlede jaar se verkiesing verander het. Werkloosheid onder die land se jeug staan op 44,6-persent teenoor 43,2-persent in die vorige kwartaal. Steenhuisen sê die regering moet…
2 May 2025 2AM 1 min

VSA se teenwoordigheid in Oekraïne sal sekere rolspelers uithou

Die ooreenkoms tussen die Oekraïne en die VSA wat die Verenigde State voorkeurtoegang tot nuwe Oekraïnse mineraalooreenkomste en beleggings in die heropbou van Oekraïne gee, bly in die nuus. Daar is kritiek omdat die ooreenkoms geen sekuriteitswaarborge in die land bied nie maar, volgens Amerikaanse president Donald Trump sal Amerika…
2 May 2025 2AM 1 min

Bank Windhoek beklemtoon belangrikheid van kreatiewe ekonomie

Gedurende die week het Bank Windhoek die wenners van sy handelsmerk liedkompetisie aangekondig. Onder die tema "Is dit moontlik om 'n bank lief te hê?" is PDK as die wenner aangekondig en het 70 000 Namibiese dollar in prysgeld ontvang. Daar was 155 amptelike liedjie-voorleggings en 126 video-inskrywings. Bank Windhoek…
2 May 2025 2AM 1 min

Agribank skuld, rente: Schlettwein sê boere moet ondersteun word

'n Openbare beroep is op president Netumbo Nandi-Ndaitwah gedoen om Agribank aan te spoor om gedeeltelike rente-afskrywings op agterstallige lenings te oorweeg, as 'n maatreël om die las van die voortdurende droogte en hoë lewenskoste op boere te verlig. Die beroep voer aan dat swartlyste en eiendomsveilings teenproduktief is en…
2 May 2025 2AM 1 min

FNB staan bankvas agter Namibiese krieket

Kosmos 94.1 Nuus het met FNB se woordvoerder Kirsty Watermeyer gepraat oor die reuse-borgskap aan die FNB Eagles wat tot 2028 duur, na die borgskap van die FNB High Performance Oval in die hoofstad. Die bank is sterk betrokke by talle sportkodes, veral rugby, en het nou krieket betree.
2 May 2025 2AM 1 min

Langafstand-taxi's stel ultimatum aan Nekundi

Minibusoperateurs het 'n vreedsame protesoptog gehou teen 'n beslissing deur vervoerminister Veikko Nekundi, wat sewe-sitplek voertuie toelaat om op langafstandroetes te werk. Die Nasionale Vervoer Besorgde Groep, gelei deur Doc Sifoleni, noem die skuif onbillik omdat dit ongeregistreerde operateurs bevoordeel, en 'n oortreding van bestaande wette. Die groep het 'n…
2 May 2025 2AM 1 min

City Power sat vir vandalisme, kabeldiefstal

City Power het die dade van vandalisme ná die kabelbrand langs die oorweg in Braamfontein veroordeel. City Power se woordvoerder, Isaac Mangena, sê voorlopige ondersoeke toon dat die brand moontlik deur nóg 'n voorval van kabeldiefstal en vandalisme veroorsaak is, wat 'n toenemende neiging is. Hy sê dit hou verband…
2 May 2025 2AM 1 min

Mynwerker-beserings: Werkgewers kom nie protokolle na nie

Die Namibiese Kamer van Mynwese is besorg oor toenemende beserings by myne. Zebra Kasete, die Kamer se president, sê in 2024 het verlore dae weens beserings met 26,3 persent gestyg en invaliderende beserings met 12,3 persent. Hy het tydens 'n mynboubedryf-oorsig vir 2024 dit toegeskryf aan oorgerustheid in die nakoming…
2 May 2025 12AM 1 min

SANDF begin DRK-onttrekking

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag sê hy het begin om sy personeel en toerusting in fases uit die oostelike Demokratiese Republiek die Kongo te onttrek. Dit volg na ʼn bevel van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap. Die SANW het verlede maand besluit om sy magte uit die DRK te onttrek nadat 17 soldate…
2 May 2025 12AM 1 min

Junior Bokke klop Argentinië 36-25

Haashim Pead het twee drieë gedruk en die Junior Springbokke het die Argentyne met 36-25 verslaan in die eerste ronde van die Onder 20-Rugbykampioenskap by die Nelson Mandelabaai-stadion in Gqeberha. Suid-Afrika was teen rustyd agter met 20-15, maar het teruggeveg en die sege behaal. Intussen het Sid Harvey in die…
2 May 2025 12AM 1 min

Ndala kritiseer stilte oor kindergeweld

Duminga Ndala, leier van die LPM-jeugbevel, het die onrusbarende toename in geweldsmisdade teen kinders veroordeel en dit 'n nasionale noodtoestand genoem wat dringend en gefokusde optrede vereis. Sy het politieke partye gekritiseer vir hul stilswye oor die onlangse wrede moorde in Okahandja, en spoor hulle aan om hul stilte te…
2 May 2025 12AM 1 min

GIPF maak regstelling op vergoeding

Die Staatsinstellings Pensioenfonds het 'n regstelling uitgereik oor die syfers vir uitvoerende beamptes se vergoeding wat in sy 2024 geïntegreerde jaarverslag gerapporteer is. Dit sê dat 'n beskrywingsfout tot 'n misverstand gelei het. Totale uitvoerende vergoeding het 19,3 miljoen Namibiese dollar beloop, nie 43 miljoen dollar soos deur media berig…
1 May 2025 11PM 1 min

Polo was die van drie konstabels

Die polisie het bevestig dat die wit VW Polo wat uit die Hennopsrivier in Centurion gehaal is, aan die drie Vrystaatse polisiebeamptes behoort het wat vroeër die week dood is. Konstabels Cebekhulu Linda, Keamogetswe Buys en Boipelo Senoge het vermis geraak nadat hulle verlede week van Bloemfontein na hul ontplooiingsgebied…
1 May 2025 11PM 1 min

Geweld teen kinders was not altyd 'n uitdaging, ingryping nodig

Te midde van landwye betogings ná die moorde op skoolmeisies in Okahandja, sê aktiviste en politici dat die toename in geweld teen kinders kommerwekkend is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die jeug-aktivis Rivaldo Kavanga, wat sê dit was nog altyd 'n probleem en 'n oproep vir ernstige ingryping herhaal.
1 May 2025 10PM 1 min

Geen rede om Enoch af te dank nie - Cyril

President Cyril Ramaphosa sê die begrotingsdooiepunt wat nou opgelos is, is nie 'n rede vir die verwydering van minister van Finansies, Enoch Godongwana nie. Daar was verskeie oproepe dat die minister afgedank moet word oor die dooiepunt wat hom nou noop om die begroting vir die derde keer op 21…
1 May 2025 10PM 1 min

VSA-ooreenkoms het geen sekuriteitswaarborge nie

Die president van die Kiëf Ekonomiese Skool Tymofiy Mylovanov het met SkyNews gepraat oor die ooreenkoms wat die VSA en die Oekraïne beklink het. Dit handel oor die heropbou van die land sowel as kritieke minerale. Mylovanov sê daar is geen sekuriteitswaarborg in die ooreenkoms nie en dit is die…
1 May 2025 10PM 1 min

Ons moet ons eie olie verfyn - Hangala

Nog reaksie word ontvang op die kwessie van ‘n raffinadery vir Namibië. Dit kom na kenners, sowel as die uitvoerende hoof van TotalEnergies Patrick Pouyanné, president Netumbo Nandi-Ndaitwah afgeraai om 'n olie-raffinadery in Namibië te bou. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die bekende sakeman dr. Leake Hangala, wat meen…
1 May 2025 9PM 1 min

Bipa begin deregistrasie van nie-nakomende maatskappye

Die ingefaseerde deregistrasie van maatskappye wat nie voordelige eienaarskap verklaar het nie is deur Bipa begin en die sperdatum is 16 Mei. Die verklarings is nodig ingevolge die gryslysnotering van die land deur die Finansiële Aksie-taakmag. Indien jy ‘n eiendom in ‘n maatskappy geregistreer het, kan dit aan die staat…
1 May 2025 9PM 1 min
3220 – 3240