Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,000 Episodes
360 – 380

Nandi-Ndaitwah maan Afrika-parlemente oor aanspreeklikheid

Afrika-parlemente word aangemoedig om wetgewing te prioritiseer wat mense se lewens verbeter en aanspreeklikheid in die regering versterk. Tydens ’n toespraak voor Angola se Nasionale Vergadering in Luanda het president Netumbo Nandi-Ndaitwah gesê parlementslede se verantwoordelikheid strek verder as om bloot hul kiesers te verteenwoordig. Sy het beklemtoon dat wetgewing,…
20 Oct 6AM 1 min

Trump blameer immigrante vir onluste in Frankryk

Die Amerikaanse president Donald Trump sê immigrante is die oorsaak van die vlaag betogings en geweld in Frankryk. Die betogings het verlede maand begin met studente wat beter toestande in skole eis, maar het intussen uitgebrei om ontevredenheid oor stygende brandstofpryse en lewenskoste in te sluit. Die Franse president, Emmanuel…
20 Oct 5AM 1 min

OVK werk saam met tegnologiereuse om aanlyn waninligting voor verkiesing te bekamp

Die SA Verkiesingskommissie is in ’n vennootskap met Google, Meta, Microsoft, TikTok en die organisasie sonder winsoogmerk, Moxii Africa, om waninligting te bekamp en die integriteit van volgende maand se plaaslikeregeringsverkiesing te beskerm. Hierdie gesamentlike inisiatief beoog om doelbewuste waninligtingsveldtogte asook skadelike inhoud op sosiale media en digitale platforms, tydens…
20 Oct 5AM 1 min

Geheime verhoor van Zuma se spioen word regtelik betwis

Die Campaign for Free Expression, Media24, amaBhungane en Daily Maverick het die Hooggeregshof in Pretoria versoek om die verhoor van twee voormalige amptenare van die Staatsveiligheidsagentskap vir die publiek oop te stel. Thulani Dlomo, bekend as voormalige president Jacob Zuma se spioen, en Patrick Mshotholo staan tereg vir die beweerde…
20 Oct 3AM 1 min

Regering wil private beleggings in landbou lok

Die adjunkminister van landbou, Ruthy Masake, sê die regering beoog om meer private beleggings in die landbou te lok ten einde plaaslike produksie ’n hupstoot te gee. Masake het tydens die eerste Jaarlikse Landboubeleggingskonferensie en -ekspo hier in die hoofstad gepraat en gesê dat die lok van private beleggings ook…
20 Oct 3AM 1 min

Mbeki sê sake uit die apartheids-era moet regsprosesse volg

Die voormalige president Thabo Mbeki sê apartheids-era-sake moet deur die behoorlike wetlike en grondwetlike prosesse hanteer word. Mbeki het voor die Khampepe-kommissie in Johannesburg getuig en ontken dat daar 'n algemene amnestie-ooreenkoms of geheime ooreenkomste was om vervolging te beëindig. Hy sê besluite oor vervolging moet berus by die Nasionale…
20 Oct 2AM 1 min

IPC se Nashinge kap terug oor ondersoek na opposisiefondse

IPC-woordvoerder Imms Nashinge reageer op Swapo-LP Salomon April se ondersoek na die besteding van opposisiepartye se fondse en wys op regeringsmislukkings soos Fishrot. In ’n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus beklemtoon Nashinge dat staatsbefondsing aan politieke partye wetlik bedoel is om demokratiese deelname te ondersteun. Hy voer aan dat die…
20 Oct 2AM 1 min

AfriForum waarsku vakansiegangers teen verblyfbedrog gedurende feestyd

AfriForum waarsku Suid-Afrikaners om bedag te wees op vakansiebedrog namate die feestyd nader kom. Bedrieërs gebruik vals advertensies vir akkommodasie, gekloonde webwerwe en oneerlike reisagente om mense te mislei om te betaal vir vakansies wat nie bestaan nie. Jacques Broodryk van AfriForum sê meer as 48 gesinne het verlede jaar…
20 Oct 2AM 1 min

Staatsamptenare se produktiwiteit en dienslewering daal aansienlik

Die voorsitter van die Staatsdienskommissie, Patrick Nandago, sê dat staatsamptenare se produktiwiteit, en dus dienslewering, met tussen 40 en 50 persent gedaal het. Hy sê dat staatsamptenare persoonlike sake bo amptelike pligte prioritiseer, met sommige van hulle wat hulsef heeldag in hul kantore toesluit om gebedsgroepe te lei. In 'n…
20 Oct 2AM 1 min

Sokker: Khumalo aangestel as ondervoorsitter van SAFA se tegniese komitee  

Die voormalige Bafana Bafana- en Kaizer Chiefs-legende, Doctor Khumalo, is aangestel as ondervoorsitter van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging se tegniese komitee. Die president van SAFA, Danny Jordaan het die aanstelling bevestig ná 'n vergadering van die Nasionale Uitvoerende Komitee in Sandton. Die komitee hou toesig oor sokkerontwikkeling, afrigtingsstandaarde en die prestasie…
20 Oct 1AM 1 min

Ekurhuleni se energieprogram kan N$36-miljard bespaar 

Die burgemeester van Ekurhuleni, Nkosindiphile Xhakaza, sê die stad se program vir onafhanklike kragprodusente kan beleggings van 6,2-miljard-Namibiese dollar lok en oor 20 jaar ’n besparing van 36-miljard dollar op grootmaat-elektrisiteit teweegbring. Xhakaza sê die stad se aansoek om ’n ministeriële bepaling ingevolge die Wet op Elektrisiteitsregulering, bied regulatoriese sekerheid…
20 Oct 1AM 1 min

IPC-LP sê jeug moet help om beleidsoplossings te vorm

IPC-LP John-Louw Mouton sê vandag se jeug bring ’n duidelike tegnologiese perspektief en moet help om beleidsoplossings te vorm, eerder as om bloot aan politieke roetine deel te neem. Aan die einde van die Jong Parlementariërs-koukus se werkswinkel het Mouton beklemtoon dat jong wetgewers as toekomstige leiers van die land…
20 Oct 12AM 1 min

Man in hegtenis ná BBP-sekuriteitsbreuk by Eros-lughawe

Die 25-jarige psigiatriese pasiënt Modestus Ndidalelwa is in hegtenis geneem nadat hy onwettig toegang tot die BBP-perseel van die Eros-lughawe op 12 Oktober verkry het. Dit is die tweede keer dat 'n psigiatriese pasiënt sekuriteit ontduik by persele wat hoogs bewaak behoort te wees. Polisiewoordvoerder adjunkkommissaris Kauna Shikwambi sê dat…
20 Oct 12AM 1 min

Schutt waarsku Baynes-projek kan verbruikers duur kos

Energiekenner Harald Schutt waarsku teen die versnelde Baynes-waterkragprojek, en sê dat dit nooit sy massiewe konstruksiekoste sal verhaal nie. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Schutt gesentraliseerde megastasies as verouderd bestempel en sê dat swaar padinfrastruktuur, langafstand-oordrag en finansieringskoste uiteindelik elektrisiteitstariewe vir verbruikers sal opdryf:
20 Oct 12AM 1 min

06:00 Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
20 Oct 12AM 4 min

NNN sien geleenthede in gesamentlike energieprojekte met Angola

President Netumbo Nandi-Ndaitwah sê Namibië en Angola moet hul ekonomiese bande verdiep deur handel uit te brei en vaardighede en kundigheid te deel, om meer waarde uit hul natuurlike hulpbronne te ontsluit. By die inleidende Angola–Namibië Tweesydse Kommissie in Luanda het sy na geleenthede vir samewerking in die olie- en…
20 Oct 12AM 1 min

Prime Loans vra vir hervorming van korttermynlenings

Die Suid-Afrikaanse kredietverskaffer Prime Loans vra die regering om die reëls vir korttermynlenings te hervorm om toegang tot veilige, wettige krediet te verbeter en finansieel kwesbare verbruikers te beskerm teen onwettige geldskieters. Die onderneming sê verouderde prysbepalings, wat sedert 2015 nie wesenlik hersien is nie, maak dit vir kredietverskaffers moeilik…
19 Oct 11PM 1 min

Namibië skiet tekort met begrotingsdeursigtigheid

Namibië is steeds onder internasionale standaarde wat begrotingskwessies aangaan. In die jongste Oop Begrotingsopname van die International Budget Partnership, het die land 53 punte vir begrotingsdeursigtigheid en 17 punte vir openbare deelname behaal. Martha Nangolo, 'n navorsingsmedewerker by die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, wat die opname plaaslik gedoen het, vra…
19 Oct 11PM 1 min

Bibi bedank Trump vir sy ondersteuning

Amerikaanse president Donald Trump onderskryf die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu, vir herkiesing in volgende week se parlementsverkiesing - die eerste sedert die Hamas-geleide aanvalle in Oktober 2023. Trump beskryf Netanyahu as 'n gedugte vegter en belangrike vennoot van Amerikaanse optrede teen Iran. Die meeste meningspeilings toon Netanyahu se koalisie…
19 Oct 11AM 1 min
360 – 380