Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
3980 – 4000

Daures ammonium-sulfaat kunsmisprojek kry befondsing

Die Daures Groenwaterstof-dorp gaan befondsing en bystand van die VN se Industriële Ontwikkelingskorporasie, Unido, kry om ammonium-sulfaat kunsmis te produseer. Unido sê in 'n verklaring Daures sal een van sy eerste demonstrasie-projekte wees onder die Accelarate to Demonstrate, of A2D fasiliteit, wat ten doel het om die gebruik van groenwaterstof-tegnologië…
1 Apr 2025 9PM 1 min

Vrystaat landbou beveg kommandowurms

Die landbou-departement in die Vrystaat doen 'n beroep vir waaksaamheid namate die Afrika-kommandowurm-uitbreking vererger. Meer as 70 gevalle is in Gariep, Lejweleputswa en die Mangaung Metro aangeteken, met nuwe uitbrekings in Bultfontein, Hoopstad en Brandfort. Moliehi Moeng van die departement sê die owerhede versprei tans chemikalieë en spuite aan boere…
1 Apr 2025 8PM 1 min

EU wil druk op Rusland sit oor skietstilstand

Europese ministers van Buitelandse Sake beskuldig Rusland dat hy ʼn skietstilstand in Oekraïne vertraag en sê dis duidelik Moskou jaag nie vrede na nie. Amerikaanse en Russiese amptenare beraadslaag reeds weke lank oor ʼn skietstilstands-ooreenkoms. Die Europese Unie se hoof van Buitelandse Beleid, Kaja Kallas, sê hulle is gereed om…
1 Apr 2025 8PM 1 min

Kunsmatige intelligensie kan ekonomie transformeer

Die direkteur-generaal van die Nasionale Beplanningskommissie, dr. Kaire Mbuende, sê kunsmatige intelligensie kan Namibië se ekonomie transformeer. Kuberveiligheidsrisiko’s, werkverliese en etiese oorwegings moet egter ook in ag geneem word, sê hy. Volgens Mbuende moet KI ‘n bemagtigingsinstrument vir almal wees en niemand uitsluit nie:
1 Apr 2025 8AM 1 min

SA medici hof toe oor versekeringswet

Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging het 'n regsgeding teen die Nasionale Gesondheidsversekeringswet aanhangig gemaak, na aanleiding van kommer oor die uitvoerbaarheid en impak daarvan op dokters, pasiënte en die gesondheidsorgstelsel. Die vereniging voer aan die wet skep burokratiese hindernisse wat toegang tot sorg beperk sonder duidelikheid oor noodsaaklike dienste, verkryging en…
1 Apr 2025 8AM 1 min

Jan Taks monitor BTW op invoere

Sommige besighede in Namibië raak kreatief as dit kom by die betaal van BTW op invoere. Die Namibië Inkomsteagentskap, NamRA, sê teen die einde van Februarie vanjaar was 5 182 belastingbetalers sowat 1,7 miljard Namibiese dollar in totaal aan uitgestelde BTW-betalings verskuldig. NamRA-woordvoerder Steven Ndorokaze het met Kosmos 94.1 Nuus…
1 Apr 2025 8AM 1 min

Zimbabwe slaan betogers in boeie

Die Zimbabwiese polisie sê hulle het 95 mense in hegtenis geneem vir die aanhitsing van openbare geweld na 'n betoging om president Emmerson Mnangagwa uit die kussings te lig. Die groep het in die hof verskyn ná gister se versetoptrede wat gereël is deur 'n veteraan wat eens deel was…
1 Apr 2025 8AM 1 min

GIPF pluk vrugte van beleggings

Die Staatsdienspensioenfonds, die GIPF, het in sy 2024-boekjaar 6,3 miljard Namibiese dollar aan voordele uitbetaal, sowat 585 miljoen dollar minder as in die vorige finansiële jaar. Die fonds het vandag sy geïntegreerde jaarverslag vrygestel. Die GIPF se beleggingsopbrengs in die jaar onder oorsig het tot 18 miljard dollar gegroei, ‘n…
1 Apr 2025 7AM 1 min

Hollard Insurance borg weer Khomas100

Hollard Insurance het sy borgskap van die Khomas100 hernu. Vanjaar se resies dien as beide die Namibiese nasionale gruisfietskampioenskap en die Afrika-kampioenskap. Voorts is vanjaar se wenners van ‘n plek by die UCI se wêreldkampioenskap in Europa verseker. Kosmos 94.1 Nuus het Anri Parker, organiseerder van die resies, gepraat:
1 Apr 2025 7AM 1 min

Minister het begrip vir tradisionele grondeise

/Khomanin-lid Rosa Namises sê daar is uitdagings nie net met hulle tradisionele owerheid nie, maar ook die grondeienaars self. TERUG: Volgens die NBC beriggewing is die boer, waar hulle die afgelope naweek grond wou gaan afsteek, bereid om die plaas aan die ministerie te verkoop. Die plaas ter sprake is…
1 Apr 2025 7AM 1 min

Minister het begrip vir tradisionele grondeise

Die /Khomanin Tradisionele Owerheid het met die minister van landbou, dr. Mac-Albert Hengari vergader oor hulle eise vir tradisionele grond, veral in die Khomas-streek. Dit kom na hulle ‘n plaas beset het die naweek en nou wil keer dat Many Hills wes van die hoofstad, verder uitbrei. Hengari sê hy…
1 Apr 2025 7AM 1 min

Staatgesondheidsorg wag op hoë regeringslui

Reaksie word ontvang op die opdrag deur die gesondheidsminister dr. Esperance Luvindao dat senior regeringsamptenare vanaf April 2026 openbare gesondheidsorgdienste moet gebruik om vertroue in staatsfasiliteite te versterk. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie van politieke ontleder Rui Tyitende gekry wat sê dit is hoog tyd en daar is reeds 10…
1 Apr 2025 7AM 1 min

Air Nam se oudwerkers opgewonde oor nuwe redery

Voormalige Air Namibia-werkers sê hulle is opgewonde oor die nuus dat die regering ‘n nuwe nasionale lugredery oorweeg. Dit volg ná die nuwe vervoerminister, Veikko Nekundi, Maandag bevestig het dat Air Namibia nie weer sal herleef nie, maar dat planne vir ‘n nuwe lugredery in die pyplyn is. Kosmos 94.1…
1 Apr 2025 5AM 1 min

SA het planne om ligte aan te hou

Suid-Afrika se minister van elektrisiteit en energie, Kgosientsho Ramokgopa, sê die regering neem beduidende stappe teen die energiekrisis deur die uitbreiding van elektrisiteitsoordrag-infrastruktuur. Hy beklemtoon die behoefte vir energiesekerheid en die integrasie van hernubare kragbronne. Ramokgopa het gesê dié stappe beoog om strukturele energiebeperkings op te los en ekonomiese groei…
1 Apr 2025 5AM 1 min

VF+ keer dat R2,6 miljard se onreëlmatige besteding oorgesien word

Die Vryheidsfront Plus in die Oos-Kaap sê hy het help keer dat die Nelson Mandelabaai-metroraad 2,6 miljard Suid-Afrikaanse rand se onregmatige uitgawes afskryf sonder voldoende dokumentasie of ʼn behoorlike ondersoek. Bill Harington van die party sê so ʼn stap sou ʼn ernstige skending van finansiële aanspreeklikheid en deursigtigheid wees. Hy…
1 Apr 2025 3AM 1 min

Migrasie: Smokkelnetwerke moet ontkoppel word

Tony Smith, voormalige direkteur-generaal van UK Border Force het met SkyNews gepraat oor die uitdaging van Brittanje het met migrasie. In 2024 het die land 43 630 onwettige migrante aangeteken, 'n toename van 19 persent teenoor 2023 en met 84 persent wat op klein bote aangekom het. Smith sê die…
1 Apr 2025 3AM 1 min

Stad Windhoek burgemeester praat oor reënskade

Die munisipaliteit van Windhoek is bewus van die groot skade wat die reën aan die stad se paaie aangerig het. Slaggate word gemonitor, maar permanente herstelwerk sal eers begin as die reënseisoen verby is, het Windhoek se burgemeester Ndeshihafela Larandja tydens die afgelope stadsraadvergadering gesê:
1 Apr 2025 3AM 1 min

/Khomanin wil uitbreiding van Many Hills keer

Die herrie oor grond vir die /Khomanin kring uit. Die /Khomanin-aktivis Shaun Gariseb hou voet by stuk dat die Many Hills-plotontwikkeling deel vorm van hulle voorvaderlike grond. Die Tradisionele Owerheid het ook die afgelope naweek ‘n plaas net buite die hoofstad beset. Hulle maak aanspraak daarop dat dit hul voorvaderlike…
1 Apr 2025 3AM 1 min

Goud oortref US$3 100, sal verder styg

Goudpryse het vanoggend 3 100 Amerikaanse dollar per fynons gestyg, wat 'n rekordhoogtepunt en die beste eerste kwartaal-prestasie in byna 40 jaar is. Dit kom na groot onsekerheid in markte as gevolg van die stappe in die Amerikaanse presidensie van Donald Trump. Kosmos 94.1 Nuus het met Chris Hart, ‘n…
1 Apr 2025 3AM 1 min
3980 – 4000