Standard Bank Suid-Afrika het sy Volhoubaarheids-akademie bekendgestel. Dis ʼn gratis leerplatform wat praktiese maatskaplike, omgewings-, bestuurs- en volhoubaarheids-oplossings aan sake-ondernemings regoor Afrika bied. Die akademie is ontwikkel in samewerking met Microsoft en Philanthrosoft. Manessah Alagbaoso van Standard Bank sê deelnemers kan deur die platform insig kry in die gebruik van…
Die Vereniging van Staatsamptenare vra die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, om dringend 'n nuwe voorsitter vir die Nasionale Loteryekommissie aan te stel. Dit volg nadat dr. Barney Pityana verlede week bedank het met twee jaar van sy vyf jaar termyn wat nog oor is. Claude Naicker…
Die Amerikaner Venus Williams en Leylah Fernandez van Kanada speel as promotorskeuse saam in die Amerikaanse Ope se dubbelspel vir vroue. Williams het al twee keer die titel verower op Flushing Meadows. Die twee is onder sewe promotorskeuses in die trekking. Die 45-jarige Williams, wat verlede maand na 16 maande…
Die Kommunikasie-reguleringsowerheid van Namibië, Cran, het onlangs 'n openbare verhoor gehou om aansoeke vir mobiele satellietspektrum te hersien. Die fokus is op lae-aarde-wentelbaan satellietdienste soos Starlink, OneWeb en meer. Dit bring vinniger konnektiwiteit in afgeleë gebiede, maar boere en bedryfsgroepe waarsku dat die koste te hoog is. OneWeb en Starlink…
Die komitee wat die September-brandstofprys sal bepaal ontmoet vanoggend, en hul besluit sal moontlik Vrydag aangekondig word. Die prys van Brent- ru-olie het die afgelope maand met sowat 1,7 persent gedaal, terwyl die Amerikaanse dollar effe verswak het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Tannan Groenewald, hoof van data en…
Elke lid van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad, buiten Amerika, vra ʼn skietstilstand in Gaza en stem saam dat hongersnood in Gaza mensgemaak is. Volgens die jongste ontleding van die klassifisering van voedselsekerheid beleef 514 000 mense, byna ʼn kwart van die Palestyne in Gaza, hongersnood en beweer dit sal…
Die Zambiese regering sê hy is steeds verbind tot samewerking met die voormalige Zambiese president Edgar Lungu se familie oor sy begrafnisreëlings wat hul wense en staatsverpligtinge in balans bring. Dit volg nadat die Suid-Afrikaanse Konstitusionele Hof die Lungu-familie se regstreekse appèl teen 'n uitspraak van die Hooggeregshof in Pretoria…
Twee kinders, onderskeidelik 8 en 10 jaar oud, is dood en 17 mense beseer na 'n massaskietery by 'n skool in Minneapolis, Minnesota. Veertien van die beseerdes is kinders. Die aanval het tydens die oggendmis by die Annunciation Catholic School plaasgevind. Die verdagte was gewapen met 'n geweer, haelgeweer en…
Die borgtog-verrigtinge van Cedric Willemse in die Namcor-korrupsiesaak het 'n onverwagte wending geneem in die Windhoek-landdroshof. Staatsaanklaer Basson Lilungwe sê dat die Staat Vrydag 'n aansoek sal indien dat landdros Jurina Hochobes, wat die borgtog-aansoeke sou aanhoor, haar onttrek. Hy het nie redes hiervoor gegee nie. Uitspraak in hierdie aansoek…
Nasionale polisiekommissaris Fannie Masemola sê diegene wat voordeel trek uit onbestendigheid teiken Afrika se groei en veerkragtigheid. Hy het tydens die 27ste Interpol Afrika-streekskonferensie in Kaapstad die behoefte beklemtoon aan sterker instellings, die deel van intelligensie en geïntegreerde wetsraamwerke. Masemola het die byeenkoms 'n geskiedkundige oomblik genoem en kragtige, samewerkende…
Die Voeding- en Voedselsekuriteitsalliansie van Namibië doen 'n beroep op 'n nasionale suikerbelasting as deel van sy breër strategie om die land se groeiende las van nie-oordraagbare siektes en wanvoeding aan te spreek. Die organisasie waarsku dat Namibië nou 'n "dubbele las" van wanvoeding en oorvoeding in die gesig staar,…
Namibia Fact Check het gewaarsku dat swak en onduidelike kommunikasie van regeringsamptenare dikwels lei tot openbare verwarring en onakkurate beriggewing, wat uiteindelik beide media-geloofwaardigheid en vertroue in staatsgeleide inisiatiewe skaad – veral op die gebied van bewaring. Namibia Fact Check-redakteur Frederico Links se opmerkings kom te midde van groeiende wêreldwye…
Die herrie blyk om los te wees na die verhoging in kragtariewe in die hoofstad. Terwyl Stad Windhoek volhou dat elektrisiteitstariewe slegs met 3,9 persent gestyg het, beweer sommige inwoners in buurte soos Kleine Kuppe, Pionierspark en Olympia dat hul jongste rekeninge stygings van tot 13,6 persent toon, wat vrae…
Die Amerikaanse president, Donald Trump, het weer gedreig om swaar ekonomiese strafmaatreëls teen Rusland in te stel as president Vladimir Putin weier om die oorlog teen Oekraïne te staak. Trump probeer persoonlike gesprekke bewerkstelling tussen Putin en president Volodymyr Zelensky van Oekraïne. Trump sê hy wil nie nuwe sanksies of…
Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê Suid-Afrika se huidige verkiesingstelsel slaag nie in sy doel nie. Die Verkiesingspaneel vir Hervorming en Raadpleging doen 'n omvattende hersiening van die stelsel en moet einde volgende maand aanbevelings aan die parlement voorlê. Marius Roodt van die instituut sê die land het 'n verkiesingstelsel nodig…
Die goewerneur van Illinois, JB Pritzker, sê president Donald Trump het nie die reg om gewapende Nasionale Wag-troepe in Chicago te ontplooi nie. Trump dreig nou reeds ‘n geruime tyd en sê Chicago is ‘n “killing field”. Pritzker het met die media gepraat.
Die IKT-infrastruktuurverskaffer Powercom het 25 nuwe netwerktorings oor agt streke in gebruik geneem teen 'n koste van 40 miljoen Namibiese dollar. Die toevoegings, wat oor 'n jaar voltooi is, bring Powercom se nasionale totaal op 318 torings te staan, teenoor 276 vier jaar gelede. Tydens die simboliese inhuldiging in Iikokola-dorp,…
Cosatu versoek die parlement om die Wet op die Beheer van Tabak en Elektroniese Afleweringstelsels te versterk. Die vakbond sê hy sal verseker amptenare van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, die Polisie, die Valke en Staatsveiligheid is opgelei en toegerus om die oorlog teen onwettige handel te wen. Cosatu se woordvoerder, Matthew…
Die Namibië Groenwaterstof-program het saam met Broadmind Mining en HyIron Green Technologies 'n lae-koolstof industriële waardeketting ontwikkel. Die doel is om Namibië se minerale rykdom en groen tegnologie te gebruik om produkte soos groen staal te produseer. Jona Musheko, woordvoerder van die program, het meer met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.
27 Aug 3AM
1 min
400 – 420
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.