Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Nuus uit die suiwelbedryf. PM berig oor die wêreld se kampioen koei wat einde van verlede jaar aangewys is, asook nuus oor navorsing op kinders en die resultate van laevet melk-studies.
Dr Frikkie Maré, landbou-ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat, neem die ekonomie van die sektor in oënskou en gee sy mening oor tendense vir die onmiddellike toekoms.
Gerrit Meyer is ‘n landbouer wat in Suid-Afrika grootgeword en hier gestudeer het. Hy vertel van sy opleiding by Korrektiewe Dienste en hoe sy ondervinding hier, hom gehelp het om ‘n goeie werk in die landbousektor in Afrika laat bekom het. Meyer vertel van die gunstige landboutoestande daar en hoe…
Die verbruik van Wagyu-vleis in Suid-Afrika het die afgelope jaar viervoudig toegeneem. Waar daar voorheen tussen 20-30 osse per week geslag is, het dit onlangs toegeneem tot 120-150 per week. Internasionale tendense het ook bevestig dat die toename ten minste vir die volgende twee dekades kan voortduur. ‘n Wereldwye tekort…
Claude Moller, bekende motiveringspreker en “life coach” in die landbousektor, deel sy weeklikse inspirasie vir die naweek. Hy deel sy ervarings met gewone mense in die samelewing en die belangrike lewenslessies wat hy daaruit kon neem. In vandag se aflewering is sy tema: “Tough times never last, but tough people…
Tjoepie Groenewald, bekende sosiale media-kundige in die landbou, is bekend vir sy videos en ander plasings op verskeie sosiale media platforms. Hy bespreek vandag interessante inligting oor “veilings sonder grense” en hoe landbouers kan waarde toevoeg vir hul boerdery. Groenewald verduidelik die alternatiewe metodes om veilings digitaal te doen. Hy…
Charl Saunderson is ‘n bekende landbouer, motiveringspreker en berader wat gereeld by landbouverenigings en -maatskappye optree en sy kundigheid aan verskeie rolspelers oordra. In vandag se praatjie gesels hy oor die idee van groter boer. Saunderson brei uit oor die voordele van vertikale uitbreiding op plase en verduidelik grondgesondheid se…
Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, bespreek die afgelope week se jongste kommoditeitspryse. Volgens hom het die rand effens versterk in hierdie week teenoor die Amerikaanse dollar. Speenkalwers se pryse het stabiel gebly, maar veral in die Noordwes Provinsie gedaal. Stoorlammers se prys het ook effens…
Rouxan Cloete is ‘n kundige op die gebied van biologiese landbou. Cloete het verlede week gesels oor saadbehandeling. Cloete verduidelik vandag hoe om van natrium of sout uit die grond te kan verwyder. Dit kan ‘n effek op die produksie van graan en ander gewasse uitoefen. Mikrobes wat teer op…
Dr Frikkie Mare, bekende senior landbou-ekonoom aan die Universiteit Vrystaat, gesels vandag oor die ekonomie van die afgelope jaar, die jongste prysstygings en maak ook ‘n voorspelling vir die komende Kersseisoen. Volgens Mare behoort daar nie meer drasiese prysstygings voor te kom as in die verlede nie. Vleispryse behoort egter…
Hans-Jurie Moolman is ‘n bekende regskundige wat spesialiseer in grondreg en vandag bespreek hy die kwessie van familieboerdery en bates in ‘n trust. Hy gee ‘n uiteensetting van die verskillende vorms van boedels en bates in ‘n trust, veral wanneer ‘n persoon die duur kostes van boedelbelasting wil vermy.
6 Dec 2021 1AM
4 min
1200 – 1220
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.