OFM Pieter Möller - Landbou Insetsels

Pieter Möller - Landbou Insetsels

Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Daily Afrikaans South Africa Business · Daily News
1,812 Episodes
1340 – 1360

PM berig oor die verband tussen melk en cholestrol wat te hoog is.

Nuwe studies by die Universiteit van Reading het bevind dat groter inname van melk, nie tot groter toename in cholesterol lei nie. Laer vlakke van goeie en slegte cholesterol is juis opgemerk by mense wat meer melk verbruik. Die studies word beskou as ‘n deurbraak vir die suiwelbedryf.
22 Aug 2021 10PM 1 min

Claude Moller gee sy naweek inspirasie vir landbouers.

Claude Moller, bekende motiveringspreker en “life coach” in die landbousektor, deel sy weeklikse inspirasie vir die naweek. Hy deel sy ervarings met gewone mense in die samelewing en die belangrike lewenslessies wat hy daaruit kon neem. In vandag se aflewering is sy tema: “Dis hoe mense is”.
19 Aug 2021 11PM 4 min

Dr Johnny vd Merwe van die NWU, gee die jongste kommoditeitspryse.

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, gee die afgelope week se jongste kommoditeitspryse. Volgens hom het die dollar hierdie week steeds sterker getoon teenoor die Suid-Afrikaanse rand. Vleispryse het intussen sywaarts beweeg hierdie week. Stoorlammers se pryse het gedaal saam met slagpryse. Hoenderpryse het ook intussen…
18 Aug 2021 12AM 3 min

PM gesels met 'n Oos-Vrystaat se beesteler

PM gesels met 'n Oos-Vrystaat se beesteler, wat met Sussex en Droughtmasters boer. Hy vertel van sy belangstelling in die beesrasse en ook hoe landboutoestande tans daar uitsien.
15 Aug 2021 11PM 3 min

Dr Johnny vd Merwe van die NWU, gee die jongste kommoditeitspryse.

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, gee die afgelope week se jongste kommoditeitspryse. Volgens hom het die dollar hierdie week steeds sterker getoon teenoor die Suid-Afrikaanse rand. Vleispryse het intussen gewissel hierdie week. Hoenderpryse het intussen bietjie gestyg en varkvleispryse gedaal. Bokpryse het opwaarts gestyg. Graanpryse…
11 Aug 2021 2AM 4 min

PM gesels met Eddie Prinsloo, bekende merino-teler van die Suid-Vrystaat.

Eddie Prinsloo van die plaas, Heuningkrans in die Smithfield-distrik, is bekend as ‘n merino-teler en die eerste Vrystaatse boer wat sy grond in ‘n vennootskapsooreenkoms met sy werkers gedeel het. Prinsloo is ook daarvoor bekend vir sy goeie verhoudinge met wolprodusente uit die buurland, Lesotho en vir baie jare besoek…
10 Aug 2021 12AM 3 min

PM lewer ‘n huldeblyk oor Koos Pienaar, die bekende Vrystaatse leierboer wat gister (Maandag) oorlede is.

Koos Pienaar was ‘n geliefde leierboer van die Theunissen-distrik wat veral bekend was in georganiseerde landboukringe as voorsitter van die Nasionale Melkprodusentevereniging. Pienaar was ook leier van die Afrika-organisasie vir suiwelprodusente en was bekend as ‘n mentor vir opkomende produsente. In sy plaaslike gemeenskap, Theunissen, het hy baanbrekerswerk verrig om…
10 Aug 2021 12AM 1 min

PM berig oor nuwe tegnologie vir drukwerk op wol.

Nuwe tegnologie word deesdae ingespan om ontwerpe op wolstowwe te druk en veral modeontwerpers maak al meer hiervan gebruik. Digitale drukwerk is dus, volgens kenners, een van die grootste deurbrake in die tekstieldekor-tegnologie.
10 Aug 2021 12AM 1 min

Claude Moller gee sy naweek inspirasie vir landbouers.

Claude Moller, bekende motiveringspreker en “life coach” in die landbousektor, deel sy weeklikse inspirasie vir die naweek. Hy deel sy ervarings met gewone mense in die samelewing en die belangrike lewenslessies wat hy daaruit kon neem. Verder verwys ook na positiewe geleenthede wat mense kan gebruik om hulself in ‘n…
8 Aug 2021 5AM 4 min
1340 – 1360