Cape Pulpit 729AM Get Up & Go Breakfast - Lifestyle Women - Zantie Swanpoel

Get Up & Go Breakfast - Lifestyle Women - Zantie Swanpoel

Zantie deel elke Woensdag oggend iets spesiaal wat God op haar hart geplaas het, en vertel ook een van haar kragstories
Weekly Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity
200 Episodes
1 – 20

Zantie Swanpoel - Ons Onbeperkte God

Ons is so beperk in ons denke, so dit is vir ons moeilik om 'n God voor te stel vir wie niks onmoontlik is nie. God is werklik daar en Hy is iemand in wie ons ons vertroue kan plaas.
25 Sep 15 min

Zantie Swanpoel - Hou Aan Bid

Ons gebede maak die goue potte van die Hemel vol! Staan vas, en hou aan bid. God is getrou om te antwoord op die regte tyd.
18 Sep 11 min

Zantie Swanpoel - Sout en Lig

As dinge om jou vrot raak, moet jy vra wat aan gaan. Ons moet die sout van die aarde wees wat dinge 'vars' hou om ons. Ons moet dalk dinge begin anders doen.
11 Sep 12 min

Zantie Swanpoel - Abba Vader is jou Pa

Deur alles, is God getrou. Hy loop langsaan jou, al is jy 'n enkelma en help jou om kinders groot te maak. Hy los ons nie, en Hy is goed! As dinge moeilik raak is Hy altfy by jou en stap saam deur die moeilikste tye.
4 Sep 10 min

Zantie Swanpoel - Hemelse Skatte

Ons word geroep om bymekaar te maak wat saak maak, wat mot en roes nie sal vernietig nie. Bou vandag jou hemelse geldeenheid op
21 Aug 11 min

Zantie Swanpoel - Stel God Eerste

Ons stres onsself meer en meer uit en raak meer angstig as wat ons hoef te wees. God bly in beheer en ons moet Hom eerste stel
31 Jul 12 min

Zantie Swanpoel - Dans as of Niemand Jou Sien Nie!

Sonder vreugde, is daar nie krag nie. Die Here gee ons baie maniere om vreugde te ervaar, en om dankbaar te wees, maar dit is ook waar die vyand dinge probeer steel. Doen die dinge wat vreugde bring en geniet selfs die klein, eenvoudige dinge.
24 Jul 10 min

Zantie Swanpoel - Toon Aan Ander Respek

Hoe repekteer ons die mense om ons? Ons eer God deur hoe ons ander mense repekteer. As ek mense (wie God geskape het) nie respekteer nie, eer ek nie my Skepper nie.
17 Jul 11 min

Zantie Swanpoel - Gee, en Vind Genesing

Alles behoort aan God. Dit beteken dat alles wat ons het aan Hom behoort, en ons moet mooi daarna kyk, en dit met ander deel. Zantie deel 'n kragstorie oor hoe 'gee' ook genesing kan bring.
10 Jul 9 min

Zantie Swanpoel - Die Here Kies Jou

Die Vyand probeer om ons te oortuig dat ons nie goed genoeg is nie. Ons glo hom partykeer! Ons moet onthou ons kan groot dinge doen, want ons doen dit saam met die Here. Hy het ons gekies en ons is in Sy span!
3 Jul 10 min

Zantie Swanpoel - 'n Titanic van 'n Storie

Zantie deel 'n paar kragstories uit die geskiedenis van die Titanic. Ons leer oor besluite wat geneem is deur mense wat God geken het, en hoe dit hulle keuses beinvloed het.
26 Jun 8 min

Zantie Swanpoel - Die Wonders Van God

Sien ons nog Sy wonderwerke raak? Ons is mos almal so besig. Dis tyd om die wonder van God weer raak te sien. Ons is so gefokus op wat ons wil he, ons mis die wonder van tyd saam met ons Verlosser en om sy Koningkryk eerste te soek.
8 May 10 min
1 – 20