Met politieke verhoudinge wat toenemend versuur is dit ‘n ope vraag oor wat met die burgemeesterstoel in Tshwane gaan gebeur. Tim du Plessis en Dawie Boonzaaier gesels ook oor wie die voorloper is na die veelbesproke debat tussen Amerika se presidensiële kandidate, Kamala Harris en Donald Trump.
Fikile Mbalula, die ANC se sekretaris-generaal het sy hande vol om die SAKP- en Cosatu-perde op stal te hou. Tim du Plessis en Liezel de Lange gesels oor die spanning tussen die ANC en sy alliansievenote met die regerende party wat nuwe bondgenote in die regering van nasionale eenheid gevind…
Herman Mashaba se afkeer van die DA is so groot dat dit dreig om die hoofstad tot ’n val te bring, sê Tim du Plessis. Hy en Antoinette Slabbert deurtrap Cilliers Brink se toekoms en die jongste verwikkelinge in Tshwane.
Tim du Plessis en Dawie Boonzaaier vra mekaar of ANC-leiers se pleidooie aan die privaatsektor eg is, of word iemand hier om ‘n NGV-bos gelei? En is Ronald Lamola ‘n nuwe windjie, of ‘n Ramaphosa 2.0?
Tim du Plessis en Dawie Boonzaaier wonder of die miljoene rande se lekgotla’s, imbizo’s en dialoeë darem op iets sal uitloop; of Helen Zille meer gereeld moet mond uitspoel; en of Tim Walz dalk die Trump-troefkaart is?
Dawie Boonzaaier en Tim du Plessis besin oor die politieke stories van die week. Pres. Cyril Ramaphosa sê die regering maak werk van die aanbevelings van die Zondo-kommissie, maar is daar werklik politieke wil om dié turksvy te hanteer. En moet Gayton McKenzie liefs sy oog op die bal eerder…
Durf jy hoop dat pres. Cyril Ramaphosa in sy laaste termyn fermer gaan optree teen dwarstrekkers wat vasskop teen sy hervormingsplanne? En kan MK die rol van die amptelike opposisie vervul? Dawie Boonzaaier en Tim du Plessis besin oor die politieke stories van die afgelope week.
26 Jul
45 min
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.