Baba Ayden na twee weke steeds in koma

Loading player...
Die ses maande oue Ayden van Niekerk is na twee weke steeds in ‘n mediese koma in die Netcare Garden City-hospitaal.
Hy het op 6 Mei by die huis in Lydenburg aan 'n stukkie biltong verstik.
Volgens Ayden se ma, Estelle van Niekerk, is sy sedasie gister verder halveer, en hoewel hulle gehoop het om hom vandag heeltemal daarvan af te hê, moes hulle hom vandag weer sedeer omdat hy sukkel om asem te haal.
Op Facebook het die “Bid vir baba Ayden”-groep reeds meer as 1 300 lede.
21 May 2021 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary
Star episode

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min