Registreer jou kind in 'n nuwe skool voor 31 Augustus

Loading player...
Registrasie vir die 2022 skooljaar is oop in Mpumalanga. Ouers en voogde het tot 31 Augustus om aansoek te doen vir plekke in skole vir hul kinders.
LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, sê dit is belangrik om vregtydig aansoek te doen, sodat kinders voor die 2022-skooljaar geplaas kan word.
Hy vra dat ouers eerder hul kinders in skole sit naby waar hulle woon, om ‘n toeloop na sekere skole te voorkom.
Aansoeke moet direk aan elke skool gerig word.
2 Jun 2021 11PM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Merang 'n viering van Afrikaanse digkuns

Merang is 'n versamelbundel heerlike gedigte wat uitgegee is saam met die Eeufeesviering van Afrikaans, maar dit is ook meer as dit, vertel een van die redakteurs en samestellers, Neil Cochrane op die vooraand van die Innibos Boekenaweek in Kaapsehoop.
27 Aug 2025 4AM 10 min

Aphelele Fassi verwag fisiese kragmeting teen Georgië

Die Springbokke speel Saterdag 'n toets teen Georgië by Mbombela-stadion. Heelagter Aphelele Fassi deel sy verwagtinge. Die afskop by Mbombela-stadion is Saterdag om 17:10 en kaartjies is slegs beskikbaar by Ticketmaster.
17 Jul 2025 12AM 1 min

Kwagga trots op Marnus vir toetsbuiging

Dit is Bokweek in die Laeveld en onse eie Kwagga Smith het vandag die media te woord gestaan voor hul wedstryd teen Georgië by Mbombela-stadion Saterdag waarin die Nelspruiter Marnus van der Merwe sy toetsbuiging maak. Hy sê die Bomb Squad maak reg wat hulle teen Italië verbrou het en…
16 Jul 2025 6AM 4 min

LDV rules

Wees op die uitkyk vir ons nuwe wiele, trots moontlik gemaak deur LDV. Neil Barker, die bemarkingsbestuurder, het kom inloer in die ateljee. Neels het voorheen die geleentheid gehad om met 'n LDV rond te rits vir 'n week. Hy vertel van die ervaring.
24 Jun 2025 3AM 1 min