Albert Gryvenstein lig die sluier oor reeksmoordenaars

Loading player...
Die storie van die sogenaamde Munsieville-moordenaars lees soos ‘n riller.
Shaun Oosthuizen is op 4 Augustus tot lewenslange trokstraf gevonnis vir die moord in 2018 op Hetta Potgieter in Mbombela - asook 15 jaar vir roof.
Hy en Johnny du Plooy dien egter al reeds twee lewenslange vonnise uit vir twee ander moorde op bejaarde vroue.
Albert Gryvenstein van Bossies Community Justice was van meet af betrokke by die ondersoek.
17 Aug 2021 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Mopani vier aptekersmaand

By Mopani-apteek het jy 'n persoonlike verhouding met jou apteker. Die groep vier die maand aptekersmaand. Jaco Venter gesels met Sonop Ontbyt.
12 Sep 15 min

MTN8 kom draai in Mbombela

Orlando Pirates en Stellenbosch speel Saterdag by Mbombela-stadion in die MTN8-eindstryd. Die MTN8-ambassadeurs en sokkerlegendes, Lucky Lekgwathi en Lehlohonolo Majoro, het met die trofee in die ateljee kom kuier.
12 Sep 11 min

Stropery bedreig Kaapsehoop wildeperde

Die wildeperde van Kaapsehoop word toenemend deur stropery bedreig. Tans is daar slegs 36 oor, na vier perde binne ‘n dag gestroop is vir hul vleis. Rodney Alexander deel die plan wat hulle het om die kolonie te red.
10 Sep 12 min

Advies: Moenie ingedoen word met jou waardevolle items nie

Bedrieërs lê en wag om niksvermoedende mense onder valse voorwendsels te besteel as hulle hul waardevolle items van die hand wil sit. Moenie daarvoor val nie, waarsku Leon Roos van Nelspruit Jewel Exchange. Gebruik eerder iemand betroubaar.
9 Sep 18 min