Nellies se Skouspel Saterdag te sien

Loading player...
Hoërskool Nelspruit (NHS) se revue het al ‘n jaarlikse hoogtepunt geword in die Laeveld.
Dit kon verlede jaar glad nie plaasvind nie weens die Covid-19-pandemie, en juis weens die pandemie is besluit om Skouspel 2021 vanjaar ‘n bietjie anders te benader.
Weens beperkinge op hoeveel mense op ‘n plek mag vergader sal daar vanjaar nie ‘n gehoor wees nie. Trouens, die opvoerings is reeds afgehandel. Verfliming van Skouspel 2021 is Saterdag voltooi.
Jy het gelukkig nie die uitsending gemis nie: Dít word Saterdag regstreeks gestroom.
Christo Theron en Chevonne Sevenster vertel hoe hulle mekaar tydens verfilming ondersteun het.
18 Aug 2021 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Mopani vier aptekersmaand

By Mopani-apteek het jy 'n persoonlike verhouding met jou apteker. Die groep vier die maand aptekersmaand. Jaco Venter gesels met Sonop Ontbyt.
12 Sep 15 min

MTN8 kom draai in Mbombela

Orlando Pirates en Stellenbosch speel Saterdag by Mbombela-stadion in die MTN8-eindstryd. Die MTN8-ambassadeurs en sokkerlegendes, Lucky Lekgwathi en Lehlohonolo Majoro, het met die trofee in die ateljee kom kuier.
12 Sep 11 min

Stropery bedreig Kaapsehoop wildeperde

Die wildeperde van Kaapsehoop word toenemend deur stropery bedreig. Tans is daar slegs 36 oor, na vier perde binne ‘n dag gestroop is vir hul vleis. Rodney Alexander deel die plan wat hulle het om die kolonie te red.
10 Sep 12 min

Advies: Moenie ingedoen word met jou waardevolle items nie

Bedrieërs lê en wag om niksvermoedende mense onder valse voorwendsels te besteel as hulle hul waardevolle items van die hand wil sit. Moenie daarvoor val nie, waarsku Leon Roos van Nelspruit Jewel Exchange. Gebruik eerder iemand betroubaar.
9 Sep 18 min