Puik tennisprestasie vir NHS se Arili Boshoff

Loading player...
Hoërskool Nelspruit se Arili Boshoff is vir Suid-Afrika se skole tennisspan gekies. Dié nommer 1 speler in Mpumalanga het onlangs by die nasionale skoletoernooi die afdeling vir meisies 17 oorheers. Sy het al haar kragmetings in die enkelspel gewen.
Sy het groot tennis drome, wat haar gesin ondersteun. Ma en Pa Jeanetta en Pieter het saam met Arili met Gerhardt gesels.
30 Mar 2022 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Mopani vier aptekersmaand

By Mopani-apteek het jy 'n persoonlike verhouding met jou apteker. Die groep vier die maand aptekersmaand. Jaco Venter gesels met Sonop Ontbyt.
12 Sep 15 min

MTN8 kom draai in Mbombela

Orlando Pirates en Stellenbosch speel Saterdag by Mbombela-stadion in die MTN8-eindstryd. Die MTN8-ambassadeurs en sokkerlegendes, Lucky Lekgwathi en Lehlohonolo Majoro, het met die trofee in die ateljee kom kuier.
12 Sep 11 min

Stropery bedreig Kaapsehoop wildeperde

Die wildeperde van Kaapsehoop word toenemend deur stropery bedreig. Tans is daar slegs 36 oor, na vier perde binne ‘n dag gestroop is vir hul vleis. Rodney Alexander deel die plan wat hulle het om die kolonie te red.
10 Sep 12 min

Advies: Moenie ingedoen word met jou waardevolle items nie

Bedrieërs lê en wag om niksvermoedende mense onder valse voorwendsels te besteel as hulle hul waardevolle items van die hand wil sit. Moenie daarvoor val nie, waarsku Leon Roos van Nelspruit Jewel Exchange. Gebruik eerder iemand betroubaar.
9 Sep 18 min