Komati afgesluit, maar nuwe lewe kom

Loading player...
Die steenkoolaangedrewe Komati-kragstasie in Middelburg het gister die einde van sy bedryfslewe bereik het en is om 12:00 afgesluit. Die kragstasie het Suid-Afrika sedert 1961 bedien.
Die woordvoerder van Eskom, Sikonathi Mantshantsha, sê ander eenhede is oor die jare afgesluit aan die einde van hul bedryfsleeftyd, wat ‘n wetlike vereiste is.
Die kragvoorsiener sê die sluiting van die aanleg sal nie ‘n noemenswaardige impak op die nasionale elektrisiteitsnetwerk hê nie, omdat dit slegs 121MW gelewer het.
Die meerderheid van Komati-werknemers is na ander kragstasies oorgeplaas.
Diegene wat oorbly sal betrokke wees by groen energieopwekking: 150MW sonkrag, 70MW wind en 150MW batterye as deel van Eskom se oorgangstrategie vir billike energie (JET).
Dit het ten doel om volhoubaar na laer-koolstof-tegnologie oor te skakel, sonder om werksgeleenthede tot niet te laat gaan en ‘n opleidingsfasiliteit word ontwikkel om werkers se vaardighede op te skerp vir dié aanpassing.
Volgens Mantshantsha is die Komati vernuwingprojek een van die grootste ter wêreld.
1 Nov 2022 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Mopani vier aptekersmaand

By Mopani-apteek het jy 'n persoonlike verhouding met jou apteker. Die groep vier die maand aptekersmaand. Jaco Venter gesels met Sonop Ontbyt.
12 Sep 15 min

MTN8 kom draai in Mbombela

Orlando Pirates en Stellenbosch speel Saterdag by Mbombela-stadion in die MTN8-eindstryd. Die MTN8-ambassadeurs en sokkerlegendes, Lucky Lekgwathi en Lehlohonolo Majoro, het met die trofee in die ateljee kom kuier.
12 Sep 11 min

Stropery bedreig Kaapsehoop wildeperde

Die wildeperde van Kaapsehoop word toenemend deur stropery bedreig. Tans is daar slegs 36 oor, na vier perde binne ‘n dag gestroop is vir hul vleis. Rodney Alexander deel die plan wat hulle het om die kolonie te red.
10 Sep 12 min

Advies: Moenie ingedoen word met jou waardevolle items nie

Bedrieërs lê en wag om niksvermoedende mense onder valse voorwendsels te besteel as hulle hul waardevolle items van die hand wil sit. Moenie daarvoor val nie, waarsku Leon Roos van Nelspruit Jewel Exchange. Gebruik eerder iemand betroubaar.
9 Sep 18 min