Kampe in wildtuin onbereikbaar weens oorstromings

Loading player...
Vier kampe sowel as verskeie paaie en brûe in die Krugerwildtuin is ontoeganklik weens oorstromings, maar geen beserings is nog by mense of diere aangemeld nie. Die Onder-Sabie, Krokodilbrug, Biyamiti en Talamati-kampe word erg geraak en is onbereikbaar. 'n Woordvoerder van SANParke, Ike Phaahla, sê hulle monitor deurlopend die situasie en is in kontak met die gaste in die kampe. Gaste van Talamati is na Satara verskuif. Nog reën word verwag. Alle besoekers is gewaarsku om grondpaaie te vermy. Gaste is ook genooi om hul besprekings te verander.
10 Feb 2023 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Tradition Transformed vertoon kunsvlyt se evolusie

Tradition Transformed kyk na hoe Suid-Afrikaanse kunsvlyt in moderne ontwerp verander, met 30 kunswerke wat vars, kreatiewe benaderings tot tradisionele vaardighede toon. Dit is alles by vanjaar se Innibos. John Anthony Boerma vertel meer.
29 Jun 5 min

Spanning, satire, humor op die Innibos-spyskaart

Badprop Produksies het vanjaar twee komedies op die planke by die Toyota Innibos. Johan van der Merwe en Ignatius van Heerden gesels met Laeveld Brunch oor Pampelmoesmampoer en Tronk met 'n D.
29 Jun 16 min

Laeveld Jeugkoor tot stand gebring

Die Laeveld Jeugkoor is redelik onlangs op die been gebring en hulle soek nog sangers om by hulle aan te sluit. Elet Kruger gesels saam met Johann Oosthuizen en Zoë Grové met die Middag Game Drive.
29 Jun 9 min

Laeveld JOC paraat vir demonstrasies

Wat kan ons môre te wagte wees wanneer March and March se "spertyd" vir onwettige immigrante om die land te verlaat verstryk? Frank Swanepoel van die Laeveld JOC gesels met Sonop Ontbyt.
29 Jun 8 min