Interlaer 2023: Venue skuif na gasheerskool

Loading player...
Nelspruit Primary bied vanjaar die interlaer-atletiekbyeenkoms vir groot skole in die Laeveld aan. Dit sou aanvanklik op Hoërskool Bergvlam se gronde plaasgevind het, maar weens die swaar reën die afgelope weke is dit nie meer geskik nie. Dit sal nou op Primary se eie sportvelde plaasvind. Die hoof, Werner van Tonder, sê dit was 'n kwessie van voortgaan, of dit afstel. Hy deel van die logistieke reëlings met die Sonop-ontbytspan.
15 Feb 2023 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Mopani vier aptekersmaand

By Mopani-apteek het jy 'n persoonlike verhouding met jou apteker. Die groep vier die maand aptekersmaand. Jaco Venter gesels met Sonop Ontbyt.
12 Sep 15 min

MTN8 kom draai in Mbombela

Orlando Pirates en Stellenbosch speel Saterdag by Mbombela-stadion in die MTN8-eindstryd. Die MTN8-ambassadeurs en sokkerlegendes, Lucky Lekgwathi en Lehlohonolo Majoro, het met die trofee in die ateljee kom kuier.
12 Sep 11 min

Stropery bedreig Kaapsehoop wildeperde

Die wildeperde van Kaapsehoop word toenemend deur stropery bedreig. Tans is daar slegs 36 oor, na vier perde binne ‘n dag gestroop is vir hul vleis. Rodney Alexander deel die plan wat hulle het om die kolonie te red.
10 Sep 12 min

Advies: Moenie ingedoen word met jou waardevolle items nie

Bedrieërs lê en wag om niksvermoedende mense onder valse voorwendsels te besteel as hulle hul waardevolle items van die hand wil sit. Moenie daarvoor val nie, waarsku Leon Roos van Nelspruit Jewel Exchange. Gebruik eerder iemand betroubaar.
9 Sep 18 min