Kobus Marais, die DA se woordvoerder oor verdediging, meen die minister behoort geen oorweging te skenk aan die "uiters buitengewone en moontlik onwettige" versoek om finansiële hulp wat die voormalige speaker by die departement ingedien het om haar regskoste in die korrupsieverhoor te betaal nie.
Die VF Plus verwelkom die optrede van die polisie en die nasionale vervolgingsgesag teen Nosiviwe Mapisa-Nqakula, speaker van die Nasionale Vergadering (NV), weens bewerings dat sy omgekoop is met “geskenke” van weermag-kontrakteurs terwyl sy minister van verdediging was. Luister hier na dr. Pieter Groenewald. leier van die VF Plus.
Die Nasionale Persklub het Woensdag die Springbokke as sy nuusmaker van die jaar aangewys. Antoinette Slabbert, voorsitter van die klub, verduidelik hoe die besluit gemaak is.
’n Forensiese ontleder wat aangestel is om AfriForum se privaatvervolgingseenheid se videobewyse in die verkragtingsaak teen Isaac Andile Memese aangebied is, het bevestig dat hy geen onreëlmatighede of wysigings op die lêers gevind het nie. Jason Jordaan, ’n ervare multimedia- en digitale forensiese ontleder, is gister deur Memese se verdedigingspan…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.