Alles wat jy moet weet oor Laerskool De Aar se BUZZZ-naweek

Loading player...
Laerskool De Aar se BUZZZ-naweek vind hierdie jaar op 13 en 14 Oktober 2023 op die skoolterrein plaas.
Die BUZZZ- naweek skop reeds op 10 Oktober af wanneer daar ‘n hele geesweek vir die leerlinge beplan word. Daar sal elke dag ‘n aktiwiteit vir die leerlinge wees om aan deel te neem!
Op Vrydagoggend begin al die pret met ‘n “colour run”, ’n “paint ball” kompetisie en die hoogtepunt- ‘n kaskarresies. ‘n Nuwe item vind ook plaas: bakkie trek. Die skool se bakkie word deur spanne getrek oor ‘n afstand van 50m op die rugbyveld.
Die BUZZZ terrein open amptelik om 14:00 en daar sal ‘n veld vol EDDIES “Slip en Slides” wees sowel as ‘n uitdagende Santam “paint ball”-baan.
Gedurende die middag arriveer verskeie motorfiets entoesiaste om die naweek saam met ons te geniet. Die motorfiets rally, ‘n nuutjie op ons program, word in samewerking met die plaaslike Karoo Rebels motorfietsklub aangebied. Die motorfiets entoesiaste sal of in plaaslike gastehuise tuis gaan, of op die XEROS Rally kampterrein op die sportveld.
Plaaslike kunstenaars, wat ook oud –leerlinge van ons skool is, Anke van der Westhuizen, Leandro de Carvalho, Adoné Otto en Prince Rajabu skop die joligheid om 17:00 af in die Fit It tent wat die hele naweek die hoofsentrum van die fees sal wees.
GenT, ‘n lekker dansorkes van Kimberley tree om 19:00 op en sal die gees opbou vir die jaarlikse Geneco Repro duiweveiling wat in samewerking met die De Aar Posduifklub plaasvind. Tydens die duiweveiling koop die bieër die “regte”van die duif om op Saterdag 14 Oktober namens die bieër te vlieg. As die bieër se duif eerste inklok, is groot prysgeld te wen. Die prysgeld word persentasie-gewys volgens die veiling se totale inkomste bereken en in die verlede het ‘n duif wat vir R 3000 opgeveil was, sy koper R 50 000 in die sak gebring. Slegs die 30 topduiwe van die klub word opgeveil.
Die tweede been van die veiling is die sogenaamde “R 100-duiwe”. Hier kry almal die geleentheid om ‘n duif vir slegs R 100 te “koop” en die “eienaar” van die wenduif steek R 5000 in die sak. Die wedvlug vind plaas vanaf Williston na De Aar.
Daarna gaan ons gaskunstenaars, Ivan Roux (om 21:00) en Irene-Louise van Wyk (om 22:00) die Novels verhoog in die Fit-It-tent laat bewe en almal se voete te laat jeuk.
Regdeur die naweek is heerlike eetgoed soos, Kerrie en rys, broodjes, Yankees, slap chips, pannekoek en tee/koffie/ cappucino in (De Herberg Lodge) stalletjie te koop. Eie aan die Karoo kan ‘n heerlike skaaptjoppie of sosatie, boerewors en roosterkoeke by die “Kÿto”braaistalletjie te koop wees.
4 Sep 2023 English South Africa News · Business

Other recent episodes

Vermeulens Kimberley celebrates new store opening: Raymond, Store Manager

Guess what, Kimberley? Vermeulens’ brand-new N12 store is now open, and it’s your go-to for all things hardware and DIY, as well as delectable décor. OFM’s At Lunch with Pulane Nel-Sekepe joined the festivities during the official opening on Friday, 29 August 2025. She speaks to store manager, Raymond to…
4 Sep 3 min

Vermeulens Kimberley celebrates new store opening: Judy du Plessis

Guess what, Kimberley? Vermeulens’ brand-new N12 store is now open, and it’s your go-to for all things hardware and DIY, as well as delectable décor. OFM’s At Lunch with Pulane Nel-Sekepe joined the festivities during the official opening on Friday, 29 August 2025. She speaks to owner, Judy du Plessis…
4 Sep 3 min

Bethlehem Voortrekker Hoërskool vier 123 jaar

Bethlehem Voortrekker Hoërskool is ‘n leierskool op alle gebiede. Bethlehem Voortrekker Hoërskool streef om steeds ná 123 jaar toonaangewend te bly en Trekkerwees uit te bou om aan sy leuse se strewe te voldoen. Pulane Nel-Sekepe gesels met Adjunk Hoof, Benette Britz oor al die feesvieringe wat plaasvind. Non Sibi…
1 Sep 5 min

Bloemfontein, help plant a tree in the Franklin Game Reserve this Arbor Day!

Friends of Franklin, in partnership with Willard Batteries and the Mangaung Metro Municipality, warmly invites the public to join a special project in celebration of National Arbor Week 2025. Willard Batteries is generously sponsoring 50 indigenous trees – including Sweet Thorn, Karee, and Wild Olive – for planting in the…
2 Sep 4 min

'Muddy Bash' pret by Laerskool Eureka

Op 13 September spat die modder en die pret by Laerskool Eureka in Kimberley! Die gewilde ‘Muddy Bash’ bied hope stalletjies, vermaak, en ‘n dag vol gesinsvriendelike aktiwiteite. Kaartjies is beskikbaar op Quicket, en alle besonderhede is op die skool se Facebook-blad. Pulane Nel-Sekepe gesels met Werner Strauss om meer…
3 Sep 4 min