Engo stel graag hul derde Omgie Sivviedag bekend

Loading player...
Engo stel graag hul derde Omgie Sivviedag bekend in samewerking met OFM en Bloemfontein Courant om die boodskap van Omgee te versprei dwars deur die Vrystaat. Omgie is Engo se amptelike “mascot” en ambassadeur by skole en sy droom is om vir ander te wys hy gee om. Die Engo Omgie Sivviedag sal vanjaar plaasvind op Vrydag, 27 Oktober 2023, in die vorm van ‘n spesiale “sivviedag” ten bate van Engo. De Wet Claassen gesels met Mid-Morning Magic se Yolanda Maartens oor die besonderse dag so wel as 'n liedjie wat hulle vir die dag laat skryf het.

Volgens De Wet Claassen, Hoof Uitvoerende Direkteur van Engo Vrystaat het die droom vir 'n liedjie begin met hul Omgie dag waar hulle jaarliks met Omgie dag skole besoek om die boodskap vir kinders te gee oor Omgee. Hulle het gevoel “iets” kort en het toe met Cezanne Yzelle en Jacobus Silwer gesels en vertel dat hulle Engo se hart op ‘n lekker pret manier wil oordra met ‘n liedjie. Soos jy sal hoor het Cezanne en Jacobus ENGO se verwagtinge oortref met hierdie spesiale liedjie – Kyk na die Here.

Die woorde en wysie is van so aard dat mens nie anders kan as om net te wil saam dans nie….oud en jonk. Daar is ook ‘n lekker dans wat ENGO kinders gaan leer tydens Vrydag se Omgie Dag. Die beplanning is dat die liedjie in Sotho ook gedoen word. Die musiekvideo is nog in produksie.
Alle opbrengste van die liedjie gaan aan Engo om die werk wat hule in die Vrystaat doen te bevorder.
Die liedjie sal beskikbaar wees op alle aanlyn platforms vanaf die 30ste Oktober af.​
24 Oct 2023 2AM English South Africa Education · Leisure

Other recent episodes

Free State Uncovered celebrates the best of the Free State

Celebrate heritage, culture, adventure, and the best of the Free State at Free State Uncovered – an unforgettable tourism expo taking place at the iconic War Museum in Bloemfontein! With performances by Brendan Peyper, Logan Pietersen, Liam Black, the Mangaung Marimba Band, the Grey College Boereorkes, and the Grey College…
8 Sep 11PM 5 min

VKB - Pieter Bronkhorst

VKB in Heilbron is groter en beter met ’n splinternuwe ligging. Pieter Bronkhorst, VKB Heilbron Tak Bestuurder, gesels met Yolanda Maartens oor alles en meer. Regstreeks vanaf VKB Heilbron. VKB - vier die liefde vir die land.
29 Aug 3AM 2 min

VKB - Toppie Jonker

VKB in Heilbron is groter en beter met ’n splinternuwe ligging. Toppie Jonker, VKB Uitvoerende Hoof van Kleinhandel, gesels met Yolanda Maartens oor alles en meer, regstreeks vanaf VKB Heilbron. VKB - vier die liefde vir die land.
29 Aug 3AM 3 min

Bloemfontein, help plant a tree in the Franklin Game Reserve this Arbor Day!

Friends of Franklin, in partnership with Willard Batteries and the Mangaung Metro Municipality, warmly invites the public to join a special project in celebration of National Arbor Week 2025. Willard Batteries is generously sponsoring 50 indigenous trees – including Sweet Thorn, Karee, and Wild Olive – for planting in the…
26 Aug 4AM 4 min