Matrikulant in Bosbokrand sterf na slangbyt

Loading player...
‘n 18-jarige graad-12-leerling aan Mawewe Sekondêre Skool in Bosbokrand is Maandagaand dood nadat sy deur ‘n slang gebyt is. Volgens die woordvoerder van die provinsiale onderwysdepartement, Gerald Sambo, het die slang haar tydens ‘n graad-12-kamp gebyt wat by die skool aangebied is om matrikulante te help om vir hul eindeksamen voor te berei. Die LUR vir onderwys in Mpumalanga, Bonakele Majuba, besoek vandag die skool.
30 Nov 2023 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary
Star episode

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min