Pumas teen Kavaliers vanaand in Mbombela

Loading player...
Die Airlink Pumas en Kavalier Boland sê mekaar vanaand in Mbombela die stryd aan in die SA Beker. Die Pumas moes verlede week teen die Griekwas in Kimberley die knie buig, maar staan steeds ‘n goeie kans om teen hulle in die eindstryd te staan te kom. Dit is die Griffons wat in die pienktruie se nekke plaas, met 30 punte op die punteleer, teenoor Jimmy Stonehouse se span se 31. Afskop by Mbombela-stadion is 7-uur. Stonehouse en Marius van Rensburg kuier in die ateljee.
10 May 2024 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Mopani vier aptekersmaand

By Mopani-apteek het jy 'n persoonlike verhouding met jou apteker. Die groep vier die maand aptekersmaand. Jaco Venter gesels met Sonop Ontbyt.
12 Sep 15 min

MTN8 kom draai in Mbombela

Orlando Pirates en Stellenbosch speel Saterdag by Mbombela-stadion in die MTN8-eindstryd. Die MTN8-ambassadeurs en sokkerlegendes, Lucky Lekgwathi en Lehlohonolo Majoro, het met die trofee in die ateljee kom kuier.
12 Sep 11 min

Stropery bedreig Kaapsehoop wildeperde

Die wildeperde van Kaapsehoop word toenemend deur stropery bedreig. Tans is daar slegs 36 oor, na vier perde binne ‘n dag gestroop is vir hul vleis. Rodney Alexander deel die plan wat hulle het om die kolonie te red.
10 Sep 12 min

Advies: Moenie ingedoen word met jou waardevolle items nie

Bedrieërs lê en wag om niksvermoedende mense onder valse voorwendsels te besteel as hulle hul waardevolle items van die hand wil sit. Moenie daarvoor val nie, waarsku Leon Roos van Nelspruit Jewel Exchange. Gebruik eerder iemand betroubaar.
9 Sep 18 min