Hierdie week is 'Net nog enetjie' net betyds terug vir die RNE se eerste groot toets. President Ramaphosa onderteken uiteindelik die Bela-konsepwet, maar nie sonder geweldige teenstand nie. Verskeie laataandoproepe vind plaas tussen die president, lede van die RNE en die burgerlike samelewing.
Kom elke week saam vir 'n bier na werk en nuuspraatjies saam met Christel, Connie en Nico. Aanbieders: Christel Cornelissen, Connie Mulder en Nico Strydom. Net nog enetjie word vervaardig deur Maroela Media.
Afrikaanse skole in Gauteng weet al baie goed – as jy rassisme drie keer sê, verskyn Lesufi uit die niet. Hierdie week se episode handel oor die nuutste “rasse-insident” by Pretoria Girls High.
In hierdie week se episode gesels Connie Mulder, Christel Cornelissen en Nico Strydom oor dié familie-onvriendelike openingseremonie en hoekom die blou man die wêreld rooi in die gesig gelaat het.
Wie het geweet dat Ramaphosa eintlik ’n ywerige voëlkyker is? In sy toespraak het die president gestel dat Suid-Afrika die pad van die sosiale wewer moet volg en saam ’n nes bou eerder as om net te kla soos hadidas of te vreet soos aasvoëls.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.