Boekkeuse - 02 Julie 24
--:--
In hierdie aflewering van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met Amanda Botha as aanbieder, verwelkom ons drie ateljeegaste en bespreek drie boeke met uiteenlopende temas. Medewerker en kollega, Riette Rust, praat, as skrywer, oor haar eie boek, Die geskenk. Anschen Conradie is Riette Rust se ateljeegas en gesels as mede-samesteller en skrywer oor haar en Stefan Coetzee se unieke konsep van 'n bundel van 25 kortverhale genaamd Sewe keer sondig. Gerda Engelbrecht vertel hoe sy Die Groot Afrikaanse Blokraai-boek, wat pas verskyn het, ‘n realiteit gemaak het. Die trefferboek, Al wat tel, deur Irma Venter word deur Antoinette Coetzee bespreek. Joan Hambidge bespreek Rudolph Willemse se digbundel, Swartland en Ineke Slabbert bespreek Hannes Barnard se jeugboek, Vuur.