Kom kuier saam met drie van Bloem se bekendste kunstenaars

Loading player...
Bloemfontein se bekende Kotzé-kunsfamilie is almal gerekende kunstenaars uit eie reg… en nou gaan die egpaar, Kobus Kotzé en Joe Kotzé, en Joe se suster, Hester Hattingh, vir die eerste keer saam aan ‘n uitstalling in die Rosestad deelneem. Pop-Up Art Gallery in die Preller Plein-winkelsentrum bied die besonderse uitstalling aan. Die openingsgeleentheid vind plaas op Saterdag, 20 Julie, om 11:00 by Pop-Up Art Gallery. Kaartjies kos R100 per persoon en sluit verversings en wyn in. ‘n Beperkte aantal kaartjies is beskikbaar op Quicket. Die uitstalling duur tot 25 Julie. Hester Hattingh sluit by Yolanda aan in die OFM Kunsteklop.
18 Jul 2024 English South Africa Performing Arts · Visual Arts

Other recent episodes