Ondersoek na toeris hom doodval by Bourke's Luck

--:--
Die polisie het ‘n ondersoek geopen na ‘n manlike toeris Saterdagmiddag by Bourke’s Luck Potholes na sy dood geval het. Die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, sê hulle is om ongeveer half 4 na die toneel ontbied. Die toeriste-aanloklikheid is vir ure gesluit om die liggaam uit te haal en hy is op die toneel dood verklaar. Daar word vermoed dat hy oor 'n reëling geklim het en toe gegly en geval het.
2 Sep 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Rassie het plan met Libbok teen Argentyne

Die Springbok-afrigter Rassie Erasmus het nege veranderinge en een posisie-verskuiwing gemaak vir hul deurslaggewende Rugbykampioenskap-wedstryd teen Argentinië by Mbombela-stadion Saterdag. Siya Kolisi is opnuut die span se kaptein. Hy is een van ses dubbele Wêreldbeker-wenners wat herroep is. Manie Libbok en Jaden Hendrikse is vir die eerste keer saam as…
25 Sep 4AM 1 min

Bokke moet verbeter voor Kampioenskap-eindstryd teen Argentinië

Die Springbokke se skrumdokter, Daan Human, sê hulle het baie werk om te doen voor Saterdag se beslissende Rugbykampioenskap-wedstryd teen Argentinië in Mbombela. Die Poemas het Suid-Afrika die naweek in Santiago del Estero met 29-28 geklop om hul hoop op ʼn heel eerste Rugbykampioenskapstitel, lewend te hou. Die Rugbykampioenskap is…
23 Sep 8AM 1 min

Liggame van vermiste mans in Louw's Creek ontdek

Die liggame van twee mans is Vrydag in 'n bergagtige area van Louw's Creek buite Mbombela herwin. Die mans, van onderskeidelik 42 en 56 jaar oud, is Dinsdag as vermis aangemeld. Hulle is Donderdag deur beamptes in 'n polisiehelikopter opgemerk, maar die SAPD kon slegs die volgende dag hul liggame…
23 Sep 5AM 1 min

Waarskuwing oor groot koue die naweek

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku teen beduidende dalings in temperature die naweek - ook in die Laeveld van Mpumalanga. Samke Thwala, 'n voorspeller by die SAWD, sê na 'n hittegolf is 'n kouefront op pad. In die suidelike en oostelike dele van die land word selfs sneeu verwag. Die beduidende koue…
19 Sep 8AM 1 min