Philip Snyman: ‘Dís die lesse wat ek by Rassie leer’

Loading player...
Philip Snyman, die Blitsbok-breier, vertel dié week in Rapport Praat Sport hoe hy lesse by dié span toepas wat hy by die Springbok-afrigter Rassie Erasmus geleer het. En dit handel natuurlik ook oor Erasmus se slim planne wat spansamestelling betref.
Die Blitsbokke speel dié naweek in die Vancouver-toernooi van die Wêreld-sewesreeks, en Snyman vertel hoe hy sy groep vir die toernooi gekies het.
Snyman sê ook: “Skryf dié jong man se naam neer, hy is spesiaal...”
Gepraat van Erasmus – het julle gesien hoe die Sesnasies-afrigters hom probeer naboots?
Ons wil ook baie graag van jou hoor! Stuur aan ons stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel.
19 Feb Afrikaans South Africa Sports · Rugby

Other recent episodes

Freek Burger: ‘Wie gaan reguit-ingooie blaas? Donald Trump?’

Die oudblaser Freek Burger sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor die vertoning van die skeidsregter Karl Dickson in die afgelope Saterdag se Springbok-nederlaag teen Nieu-Seeland in Auckland. “Waar was die konsekwentheid?” wil Burger weet.  Hy gesels ook oor die algemene probleme wat hy in…
10 Sep 27 min

Flip ná Ysterman: ‘Ek het nog nooit so heel gevoel nie’

Die oud-Bok-slot Flip van der Merwe sluit hom by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy reis om weer fiks te word. Hy het twee weke gelede die Ysterman-70.3-kompetisie in Vichy, Frankryk, voltooi. In die proses het hy sowat 30 kg afgeskud “Mense dink dis baie veeleisend op jou…
3 Sep 34 min

‘Dricus het Khamzat jellie-bene gegee’

Niel Geyser, Dricus du Plessis se grond-en-greepwerk-ghoeroe, sluit hom dié week by Rapport Praat Sport aan en verduidelik in diepte wat in Stillknocks se geveg met Khamzat Chimaev gebeur het.“Khamzat het die kompetisie gewen, maar hy het nie die geveg gewen nie,” sê Geyser.Hy verklap ook Dricus se denkrigting rondom sy…
27 Aug 32 min

Gesoek: Meer Rassie-rugby, minder Tony-rugby

Dié week sluit Jody Hendricks hom op Rapport Praat Sport aan om te gesels oor die Springbokke se vernederende nederlaag teen die Wallabies die afgelope Saterdag op Ellispark. “Dit is die grootste Bok-skok sedert die Japan-wedstryd in 2015,” sê Jody. Ons praat oor alles wat verkeed geloop het: Die lynstane,…
20 Aug 27 min

Wat is mense se probleem met Manie?

’n Reusesportnaweek lê vir Suid-Afrikaanse ondersteuners voor: Die Bokke pak die Wallabies, die Proteas sê die Aussies die stryd aan en Sondagoggend baklei Dricus du Plessis teen Khamzat Chimaev. In vandeesweek se Rapport Praat Sport gesels ons daaroor en hoor ook wat sê Dewald Brevis van sy spogbeurt teen die…
13 Aug 32 min