Claudia Jones kom deel haar stem op Plaas van Passie!

Loading player...
Telenovelas het die afgelope jare al gewilder geword, en kykNET&kie is sonder twyfel die leier op hierdie gebied – nie net met plaaslik vervaardigde reekse nie, maar ook met oorgeklankte telenovelas uit Turkye.

Op 18 Maart begin die kanaal egter eksotiese nuwe terrein verken met ’n telenovela vol drama en stomende hartstog uit die trope van Brasilië – Plaas van passie. Die oorspronklike Portugese titel is Terra e Paixão (Land of Desire in Engels). kykNET&kie word hiermee die eerste plaaslike kanaal wat ’n Brasiliaanse telenovela in Afrikaans oorklank. Plaas van passie begin op 18 Maart om 20:00 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en dit sal ook op DStv Stream en Box Office beskikbaar wees.
19 Feb 9AM English South Africa Leisure · Music

Other recent episodes

Ice se Terugkeer: Keeno-Lee Hector praat oor Skemergrond en Ice

Ontdek die man agter Ice: rof aan die bui, maar met ’n sagte binneste. Keeno-Lee Hector deel sy insig oor Ice se terugkeer en die dinamiek in Skemergrond. Skakel van Maandae tot Donderdae om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) in om te kyk hoe dinge in Skemergrond nog warmer raak.
10 Sep 10AM 4 min

Izak Davel lei die Viljoen-gesin in Diepe Waters

Die patriarg en matriarg van die gesin word vertolk deur Izak Davel en Christel van den Bergh – twee geliefde akteurs wat weer terugkeer na kykNET. Bekend vir sy deurbraakrol in Egoli, tree Izak Davel in die rol van Schalk Viljoen – ’n voormalige Olimpiese marathon- en triatleet wie se…
27 Aug 10AM 6 min

Govan Ontbloot: Waarheid sonder Vooroordele

n Reis deur dorpe en stories wat gewoonlik buite die lig bly, vertel deur die mense self—wat hul risiko’s en hoop uitdruk. Govan Ontbloot begin op Dinsdag 30 Julie om 21:00 op kykNET (DStv kanaal 144)
12 Aug 10AM 10 min