Bizskoops - 13 Maart 2025

Loading player...
Ons het vandag 'n baie spesiale program.

# Eerstens kyk ons na die minister van Finansies, Enoch Godongwana, se begrotingsrede.
# Die Ekonoom, professor Waldo Krugell, sal ook vir ons sy terugvoer gee oor die toespraak.
# Daarna loer ons in by die tweede Cape Winelands Knowledge Sharing fees wat vroeër hierdie week in die Paarl plaasgevind het.
Die geleentheid het byna uitsluitlik gefokus op werkloosheid onder die jeug en die rol wat Kunsmatige Intelligensie kan speel om hierdie maatskaplike euwel te help verlig.
Newskoop het die geleentheid bygewoon en ons het van bedryfsleiers soos die visepresident van LinkedIn, Seamus Clancy, gehoor oor hoe gemeenskapsradiostasies LinkedIn as 'n instrument kan gebruik om hul gehoor te bereik en by te dra om werkloosheid in hul gemeenskappe aan te spreek.
# Ons het ook gesels met die Direkteur van Digitale Leeroplossings van SpecCon Consulting, Hermias Niewoudt. Hermias vertel meer oor hoe hul digitale platforms kortkursusse aan werklose jeugdiges regoor die land beskikbaar stel teen die fraksie van die prys van ander aanlynkursusse.
# Ons het ook daarin geslaag om in gesprek te tree met professor Liz Archer van die Universiteit van Wes-Kaapland. Professor Archer is 'n spesialis op die gebied van KI in hoër onderwys en sy het 'n paar wenke met die jonger generasie gedeel oor hoe om voor te berei vir die wêreld van werk en hoe om meer indiensneembaar te word.
13 Mar Afrikaans South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Bizskoops - 11 September 2025

Op die program vandag... # President Cyril Ramaphosa het steun uitgespreek vir die inkomende staatsbeheerde Postbank # Suid-Afrika se BBP het opwaarts verras # Die ekonoom Waldo Krugell praat vandag oor die ekonomie van sport # In internasionale sakenuus… 'n Federale regter het die Amerikaanse president Donald Trump tydelik verhoed…
11 Sep 9 min

Bizskoops - 4 September 2025

Op die program vandag... # Daar is steeds struikelblokke wat verhoed dat die rand sy billike waarde bereik # Fabriekaktiwiteit in Suid-Afrika het in Augustus weer in krimping verval # Die ekonoom Waldo Krugell praat vandag oor staatskuld # In internasionale sakenuus… Daar is tekens van sterker ekonomiese bande tussen…
3 Sep 9 min

Bizskoops - 28 Augustus 2025

Op die program vandag... # Suid-Afrika bly Afrika se grootste welvaartmark # Suid-Afrika se spoorwegsektor betree 'n nuwe era # Die ekonoom Waldo Krugell praat oor die huidige stand van die Amerikaanse ekonomie # In internasionale sakenuus… Donald Trump se 50 persent-tariewe op Indië het nou in werking getree #…
28 Aug 10 min

Bizskoops - 21 Augustus 2025

Op die program vandag... # Die Verbruikersprysindeks vir Julie is op tot drie-komma-vyf persent # Chris Hattingh van die Sentrum vir Risiko-ontleding gesels oor die land se werkloosheidskrisis # Die ekonoom Waldo Krugell praat oor die regering se ondersteuningspakket in reaksie op die VSA se 30% handelstariewe # In internasionale…
21 Aug 10 min

Bizskoops - 14 Augustus 2025

Op die program vandag... # Suid-Afrika se handelsdepartement het nuwe regulasies voorgestel om uitvoerders te help om die 30 persent Amerikaanse tariewe te hanteer # Suid-Afrika staar 'n golf van internasionale maatskappye in die gesig wat afskaal of die land verlaat # Die ekonoom Waldo Krugell praat oor verskeie aanwysers…
14 Aug 9 min