
Gratis tersiêre onderwys... kan stelsel dit hanteer?
Loading player...
Tydens haar Staatsrede het president Netumbo Nandi-Ndaitwah aangekondig dat die regering vanaf 2026 tersiêre onderwys ten volle sal subsidieer. Dit beteken dat studente by openbare universiteite en tegniese- of beroepsonderwyssentrums nie meer registrasiefooie of klasgeld sal betaal nie. Tydens die vraag- en antwoordsessie het AR-leier Job Amupanda gevra waar die geld vandaan sal kom. Die president het so geantwoord.

