Roof van bejaardes: Dis alle dorpsrade se verantwoordelikheid

Loading player...
Swakopmund staar 'n toename in rooftogte in die gesig wat op bejaardes gemik is, met slagoffers wat aanrandings aanmeld wanneer hulle nie waardevolle items kan oorhandig nie. Uit vrees vir hul veiligheid vermy sommige bejaardes nou kerkdienste op weeksdae. In reaksie hierop installeer die munisipaliteit CCTV-kameras by 15 brandpunte, maar inwoners doen steeds 'n beroep op sterker polisieteenwoordigheid. Kosmos 94.1 Nuus het met maatskaplike aktivis Rosa Namises gepraat.
2 Jun 2025 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Werk saam aan nasionale doelwitte: Ngurare aan staatsamptenare

Die Kantoor van die Eerste Minister het amptelik sy strategiese plan vir 2025 tot 2030 bekendgestel. Eerste Minister Elijah Ngurare het alle staatsamptenare versoek om die doelwitte van die plan ernstig op te neem en die effektiewe implementering daarvan te verseker. Hy het die belangrikheid van samewerking tussen departemente beklemtoon…
13 Sep 2025 3AM 1 min

Charlie Kirk se weduwee prys 'perfekte eggenoot'

Die Konserwatiewe jeugleier Charlie Kirk se weduwee het hulde gebring aan die “perfekte man”, in haar eerste opmerkings sedert haar man se sluipmoord. Erika Kirk het Vrydagaand in 'n video-uitsending uit haar man se Turning Point USA-kantoor in Phoenix, Arizona gepraat. Sy het gesê dat sy boodskap en missie “sterker,…
13 Sep 2025 3AM 1 min

Onderwysontwikkelingsfonds onder loep in NV

Die stand van die Onderwysontwikkelingsfonds het in die parlement ter sprake gekom. PDM-parlementslid Winnie Moongo het skerp kritiek gelewer en bevraagteken waarom die fonds weereens 'n ongunstige ouditmening ontvang het. Sy het die onderwysministerie daarvan beskuldig dat basiese finansiële standaarde nie geïmplementeer word nie. Moongo het gewaarsku dat die fonds…
13 Sep 2025 2AM 1 min

AfriForum vra duidelikheid oor druk van rybewyse

AfriForum versoek dat die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, besonderhede moet voorsien oor 'n memorandum van verstandhouding wat in Julie tussen Die Departement van Vervoer en die Staatsdrukker gesluit is om rybewyskaarte te druk. Louis Boshoff van AfriForum sê hulle versoek bevestiging van die ooreenkoms, sy inhoud, en of…
13 Sep 2025 2AM 1 min

Buitelanders in olie-bedryf 'slegs as Namibiërs nie beskikbaar is nie'

Namibië se olie- en gasbedryf sal slegs toegelaat word om buitelandse kundiges aan te stel indien maatskappye kan bewys dat geen gekwalifiseerde Namibiërs beskikbaar is nie. Dit is volgens Petroleuminspekteur Louise Hangero, wat by die Plaaslike Inhoudbeleidskonsultasie in Walvisbaai gepraat het. Sy sê buitelandse kundiges moet ook Namibiërs oplei om…
12 Sep 2025 11PM 1 min