Sabalenka en Gauff is in Parys in eindstryd

Loading player...
Die wêreld-nommer-een Aryna Sabalenka van Belarus en die Amerikaner Coco Gauff gaan albei probeer om hul eerste Franse Ope-titel in te palm wanneer hulle Saterdag in die eindstryd kragte meet. Sabalenka het die viermalige kampioen Iga Swiatek van Pole verslaan terwyl Gauff die Franse promotorskeuse, Lois Boisson, se skitterende poging beëindig het. Sabalenka is die eerste vrou wat drie agtereenvolgende Grand Slam-eindwestryde haal sedert Serena Williams dit in 2016 reggekry het. Sy sê dit sal wonderlik wees om die trofee te wen:
5 Jun 2025 10PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Werk saam aan nasionale doelwitte: Ngurare aan staatsamptenare

Die Kantoor van die Eerste Minister het amptelik sy strategiese plan vir 2025 tot 2030 bekendgestel. Eerste Minister Elijah Ngurare het alle staatsamptenare versoek om die doelwitte van die plan ernstig op te neem en die effektiewe implementering daarvan te verseker. Hy het die belangrikheid van samewerking tussen departemente beklemtoon…
13 Sep 2025 3AM 1 min

Charlie Kirk se weduwee prys 'perfekte eggenoot'

Die Konserwatiewe jeugleier Charlie Kirk se weduwee het hulde gebring aan die “perfekte man”, in haar eerste opmerkings sedert haar man se sluipmoord. Erika Kirk het Vrydagaand in 'n video-uitsending uit haar man se Turning Point USA-kantoor in Phoenix, Arizona gepraat. Sy het gesê dat sy boodskap en missie “sterker,…
13 Sep 2025 3AM 1 min

Onderwysontwikkelingsfonds onder loep in NV

Die stand van die Onderwysontwikkelingsfonds het in die parlement ter sprake gekom. PDM-parlementslid Winnie Moongo het skerp kritiek gelewer en bevraagteken waarom die fonds weereens 'n ongunstige ouditmening ontvang het. Sy het die onderwysministerie daarvan beskuldig dat basiese finansiële standaarde nie geïmplementeer word nie. Moongo het gewaarsku dat die fonds…
13 Sep 2025 2AM 1 min

AfriForum vra duidelikheid oor druk van rybewyse

AfriForum versoek dat die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, besonderhede moet voorsien oor 'n memorandum van verstandhouding wat in Julie tussen Die Departement van Vervoer en die Staatsdrukker gesluit is om rybewyskaarte te druk. Louis Boshoff van AfriForum sê hulle versoek bevestiging van die ooreenkoms, sy inhoud, en of…
13 Sep 2025 2AM 1 min

Buitelanders in olie-bedryf 'slegs as Namibiërs nie beskikbaar is nie'

Namibië se olie- en gasbedryf sal slegs toegelaat word om buitelandse kundiges aan te stel indien maatskappye kan bewys dat geen gekwalifiseerde Namibiërs beskikbaar is nie. Dit is volgens Petroleuminspekteur Louise Hangero, wat by die Plaaslike Inhoudbeleidskonsultasie in Walvisbaai gepraat het. Sy sê buitelandse kundiges moet ook Namibiërs oplei om…
12 Sep 2025 11PM 1 min