Wêreldwys | Ou geskiedenis agter nuwe Israel-Iran-konflik | Ep. 51

Loading player...
Luister gerus na hierdie week se episode van Wêreldwys vir Jaco Kleynhans se historiese ontleding van die jongste Midde-Oosterse konflik. Jy kan Iran se optrede vandag nie suksesvol ontleed sonder dié beskawingskonteks nie.

Die jongste konflik tussen Israel en Iran is nie net ʼn reaksie op onlangse gebeure nie, maar het diep wortels in geskiedenis, godsdiens en geopolitiek. Hoewel Israel onlangs ʼn aanval op Iran van stapel gestuur het, waarna Iran gereageer het, lê die dieper betekenis van hierdie botsing in Iran se eeueoue, dog konstant veranderende aard as beskawing.
Chapters
  • 00:00 Aanloop tot die krisis
  • 01:55 Iran se geskiedenis
  • 05:24 Monargie, rewolusie en teokrasie
  • 09:00 Vyandige, ongewilde heersers
  • 12:50 Oneerlike kernprogram
  • 17:28 Waarheen vorentoe?
  • 20:27 Risiko’s en geleenthede
18 Jun Afrikaans South Africa News Commentary · Politics

Other recent episodes

Wêreldwys | Van vrede na Trump se departement van oorlog | Ep. 63

Hierdie simboliese skuif wys hoe die VSA homself nie meer net as ʼn verdedigende mag sien nie, maar toenemend as ʼn land wat bereid is om konflik aan te gaan ter wille van sy eie belange en dié van sy bondgenote. Terselfdertyd het China dit duidelik gemaak dat hy nie…
11 Sep 31 min

Wêreldwys | Die geopolitiek, identiteit en mag van taal | Ep. 61

In hierdie week se aflewering van Wêreldwys kyk ons na die kragtige rol van taal in geopolitiek en identiteit. Hierdie jaar is belangrik vir Afrikaners met groot herdenkings en geleenthede, maar dien terselfdertyd ook as ʼn toets. Gebruik Afrikaanssprekendes en Afrikaners hierdie momentum om onsself en ons taal met trots…
27 Aug 44 min

Wêreldwys | Trump se wortel-en-stok-benadering tot Poetin | Ep. 60

Die groot vraag is hoe lank Trump se geduld gaan hou. Hy is bekend vir sy wispelturigheid, maar vir nou lyk dit of hy bereid is om die tyd en ruimte te gee wat nodig is om ʼn skietstilstand en moontlike vredesooreenkoms te bereik. Wat duidelik bly, is dat nie…
21 Aug 37 min