Chelsea vat FIFA-klubwêreldbeker

Loading player...
Chelsea het die Kampioeneliga-wenners, Paris Saint-Germain, met 3-0 afgeransel om die FIFA-klubwêreldbeker op die MetLife-stadion in New Jersey te wen. Die Engelse voorspeler Cole Palmer het met twee doele geslaag en ʼn derde opgestel vir nuweling João Pedro. Dit het Chelsea die wêreldkampioen-titel besorg ná hul oorwinning in die UEFA-konferensieliga vroeër vanjaar. Palmer, wat as speler van die toernooi aangewys is, sê hulle het twyfelaars verkeer bewys:
13 Jul 2025 10PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Werk saam aan nasionale doelwitte: Ngurare aan staatsamptenare

Die Kantoor van die Eerste Minister het amptelik sy strategiese plan vir 2025 tot 2030 bekendgestel. Eerste Minister Elijah Ngurare het alle staatsamptenare versoek om die doelwitte van die plan ernstig op te neem en die effektiewe implementering daarvan te verseker. Hy het die belangrikheid van samewerking tussen departemente beklemtoon…
13 Sep 2025 3AM 1 min

Charlie Kirk se weduwee prys 'perfekte eggenoot'

Die Konserwatiewe jeugleier Charlie Kirk se weduwee het hulde gebring aan die “perfekte man”, in haar eerste opmerkings sedert haar man se sluipmoord. Erika Kirk het Vrydagaand in 'n video-uitsending uit haar man se Turning Point USA-kantoor in Phoenix, Arizona gepraat. Sy het gesê dat sy boodskap en missie “sterker,…
13 Sep 2025 3AM 1 min

Onderwysontwikkelingsfonds onder loep in NV

Die stand van die Onderwysontwikkelingsfonds het in die parlement ter sprake gekom. PDM-parlementslid Winnie Moongo het skerp kritiek gelewer en bevraagteken waarom die fonds weereens 'n ongunstige ouditmening ontvang het. Sy het die onderwysministerie daarvan beskuldig dat basiese finansiële standaarde nie geïmplementeer word nie. Moongo het gewaarsku dat die fonds…
13 Sep 2025 2AM 1 min

AfriForum vra duidelikheid oor druk van rybewyse

AfriForum versoek dat die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, besonderhede moet voorsien oor 'n memorandum van verstandhouding wat in Julie tussen Die Departement van Vervoer en die Staatsdrukker gesluit is om rybewyskaarte te druk. Louis Boshoff van AfriForum sê hulle versoek bevestiging van die ooreenkoms, sy inhoud, en of…
13 Sep 2025 2AM 1 min

Buitelanders in olie-bedryf 'slegs as Namibiërs nie beskikbaar is nie'

Namibië se olie- en gasbedryf sal slegs toegelaat word om buitelandse kundiges aan te stel indien maatskappye kan bewys dat geen gekwalifiseerde Namibiërs beskikbaar is nie. Dit is volgens Petroleuminspekteur Louise Hangero, wat by die Plaaslike Inhoudbeleidskonsultasie in Walvisbaai gepraat het. Sy sê buitelandse kundiges moet ook Namibiërs oplei om…
12 Sep 2025 11PM 1 min