Petrofund staan agter Jeug in Olie en Gas-beraad

Loading player...
Die Petroleum Opleidings- en Onderwysfonds, Petrofund, het amptelik die 2025 Jeug in Olie en Gas-beraad, wat op 24 en 25 Julie in Walvisbaai onder die tema "Boor die toekoms binne" plaasvind, onderskryf. Die beraad het ten doel om die Namibiese jeug toe te rus met vaardighede en kennis om deel te neem aan die groeiende olie- en gassektor. Petrofund sal die platform gebruik om sy beurse en opleidingsgeleenthede te bevorder, en sal na verwagting sy 2026-beursprogram by die geleentheid loods. Kosmos 94.1 Nuus het met Petrofund se woordvoerder, Shoki Kandjimi gepraat.
15 Jul 2025 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Werk saam aan nasionale doelwitte: Ngurare aan staatsamptenare

Die Kantoor van die Eerste Minister het amptelik sy strategiese plan vir 2025 tot 2030 bekendgestel. Eerste Minister Elijah Ngurare het alle staatsamptenare versoek om die doelwitte van die plan ernstig op te neem en die effektiewe implementering daarvan te verseker. Hy het die belangrikheid van samewerking tussen departemente beklemtoon…
13 Sep 2025 3AM 1 min

Charlie Kirk se weduwee prys 'perfekte eggenoot'

Die Konserwatiewe jeugleier Charlie Kirk se weduwee het hulde gebring aan die “perfekte man”, in haar eerste opmerkings sedert haar man se sluipmoord. Erika Kirk het Vrydagaand in 'n video-uitsending uit haar man se Turning Point USA-kantoor in Phoenix, Arizona gepraat. Sy het gesê dat sy boodskap en missie “sterker,…
13 Sep 2025 3AM 1 min

Onderwysontwikkelingsfonds onder loep in NV

Die stand van die Onderwysontwikkelingsfonds het in die parlement ter sprake gekom. PDM-parlementslid Winnie Moongo het skerp kritiek gelewer en bevraagteken waarom die fonds weereens 'n ongunstige ouditmening ontvang het. Sy het die onderwysministerie daarvan beskuldig dat basiese finansiële standaarde nie geïmplementeer word nie. Moongo het gewaarsku dat die fonds…
13 Sep 2025 2AM 1 min

AfriForum vra duidelikheid oor druk van rybewyse

AfriForum versoek dat die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, besonderhede moet voorsien oor 'n memorandum van verstandhouding wat in Julie tussen Die Departement van Vervoer en die Staatsdrukker gesluit is om rybewyskaarte te druk. Louis Boshoff van AfriForum sê hulle versoek bevestiging van die ooreenkoms, sy inhoud, en of…
13 Sep 2025 2AM 1 min

Buitelanders in olie-bedryf 'slegs as Namibiërs nie beskikbaar is nie'

Namibië se olie- en gasbedryf sal slegs toegelaat word om buitelandse kundiges aan te stel indien maatskappye kan bewys dat geen gekwalifiseerde Namibiërs beskikbaar is nie. Dit is volgens Petroleuminspekteur Louise Hangero, wat by die Plaaslike Inhoudbeleidskonsultasie in Walvisbaai gepraat het. Sy sê buitelandse kundiges moet ook Namibiërs oplei om…
12 Sep 2025 11PM 1 min