Ghislaine wil voor Kongres getuig, maar met immuniteit

Loading player...
Jeffrey Epstein se eks-meisie, Ghislaine Maxwell, het aangebied om voor die Kongres te getuig, maar het wetgewers gevra om haar immuniteit te gee, volgens 'n lys van eise wat deur haar prokureurs aan die Huis toesighoudende komitee gestuur is. As daar nie aan die eise voldoen kan word nie, het haar prokureurs gesê Maxwell sal geen ander keuse hê as om haar op die reg om stil te bly te beroep nie. Dit kom terwyl Amerika se president Donald Trump onder toenemende druk verkeer om die sogenaamde Epstein Files openbaar te maak. Jake Rosen, CBS News se justisie-verslaggewer in Washington, het meer.
29 Jul 2025 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Werk saam aan nasionale doelwitte: Ngurare aan staatsamptenare

Die Kantoor van die Eerste Minister het amptelik sy strategiese plan vir 2025 tot 2030 bekendgestel. Eerste Minister Elijah Ngurare het alle staatsamptenare versoek om die doelwitte van die plan ernstig op te neem en die effektiewe implementering daarvan te verseker. Hy het die belangrikheid van samewerking tussen departemente beklemtoon…
13 Sep 2025 3AM 1 min

Charlie Kirk se weduwee prys 'perfekte eggenoot'

Die Konserwatiewe jeugleier Charlie Kirk se weduwee het hulde gebring aan die “perfekte man”, in haar eerste opmerkings sedert haar man se sluipmoord. Erika Kirk het Vrydagaand in 'n video-uitsending uit haar man se Turning Point USA-kantoor in Phoenix, Arizona gepraat. Sy het gesê dat sy boodskap en missie “sterker,…
13 Sep 2025 3AM 1 min

Onderwysontwikkelingsfonds onder loep in NV

Die stand van die Onderwysontwikkelingsfonds het in die parlement ter sprake gekom. PDM-parlementslid Winnie Moongo het skerp kritiek gelewer en bevraagteken waarom die fonds weereens 'n ongunstige ouditmening ontvang het. Sy het die onderwysministerie daarvan beskuldig dat basiese finansiële standaarde nie geïmplementeer word nie. Moongo het gewaarsku dat die fonds…
13 Sep 2025 2AM 1 min

AfriForum vra duidelikheid oor druk van rybewyse

AfriForum versoek dat die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, besonderhede moet voorsien oor 'n memorandum van verstandhouding wat in Julie tussen Die Departement van Vervoer en die Staatsdrukker gesluit is om rybewyskaarte te druk. Louis Boshoff van AfriForum sê hulle versoek bevestiging van die ooreenkoms, sy inhoud, en of…
13 Sep 2025 2AM 1 min

Buitelanders in olie-bedryf 'slegs as Namibiërs nie beskikbaar is nie'

Namibië se olie- en gasbedryf sal slegs toegelaat word om buitelandse kundiges aan te stel indien maatskappye kan bewys dat geen gekwalifiseerde Namibiërs beskikbaar is nie. Dit is volgens Petroleuminspekteur Louise Hangero, wat by die Plaaslike Inhoudbeleidskonsultasie in Walvisbaai gepraat het. Sy sê buitelandse kundiges moet ook Namibiërs oplei om…
12 Sep 2025 11PM 1 min