
Kabeldiefstal kos Erongo Red maandeliks N$500 000
Loading player...
Erongo Red bestee elke maand meer as 500 000 Namibiese dollar om kragtoevoer te herstel weens koperdiefstal, wat ook die watervoorsiening na dorpe en myne ontwrig. Kusdorpe soos Hentiesbaai, Swakopmund en Walvisbaai word die hardste getref. Die publiek word aangemoedig om die misdade aan te meld, omdat die geld wat verlore gaan elders gebruik kan word. Erongo Red inspekteer nou saam met die polisie skroothandelaars en voer veldtogte om die diefstal te probeer bekamp. Erongo Red se uitvoerende hoof, Tino !Hanabeb, het met kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê dit is ekonomiese sabotasie.

