
Linden Beef: Daar's waarskynlik nie goeie nuus vir Meatco nie
Loading player...
Linden Beef sal waarskynlik vandag gelikwideer word. Volgens Namibiese insolvensiewetgewing word verwag dat versekerde krediteure soos Agra en Bank Windhoek voorkeur sal geniet, wat beteken dat Meatco – ten spyte daarvan dat hulle glo meer as 400 beeste verloor het deur hul transaksies met Linden Beef – laaste in die ry sal wees vir enige potensiële herstel. Landboukenner Wallie Roux het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die vooruitsigte nie belowend is vir Meatco nie.

