
Welgesteldes soek alternatiewe, Namibië is aanloklik, sê ekonoom
Loading player...
Welgestelde individue, insluitend Suid-Afrikaners kyk toenemend na Namibië vir groter sekuriteit, langtermynverblyf, beleggingsvooruitsigte en eiendomsgeleenthede. Hierdie tendens word uitgelig in die Africa Wealth Report, wat 'n merkbare toename in die aantal individue met 'n hoë netto waarde in Namibië oor die volgende dekade voorspel. Kosmos 94.1 het met ekonoom Dawie Klopper gesels om sy insigte oor die saak te kry.

