
'Ngungula' skaad die ekonomie en ontwikkeling
Loading player...
Die smokkel van goedkoop brandstof uit Angola, of “ngungula”, het Namibië se Nasionale Energiefonds die afgelope vyf jaar 300 miljoen Namibiese dollar gekos, het amptenare by die Ongwediva Jaarlikse Handelskou onthul. Daar word uiteraard nie belasting en heffings op verkope betaal nie. Owerhede sê die onwettige handel, veral in die Oshana-, Ohangwena- en Omusati-streke, dreineer miljoene uit die ekonomie en benadeel gemeenskappe. Kosmos 94.1 Nuus het met Abednego Ekandjo, die petroleum-ekonoom by die energieministerie gepraat.

