
Women at Work geprys vir sy werk onder vroue
Loading player...
Die Capricorn-stigting het 300 000 Namibiese dollar aan die Women at Work-opleidingsentrum geskenk, wat die totale ondersteuning sedert 2022 op 1,5 miljoen dollar te staan bring. Die sentrum, wat in 2009 gestig is, lei ongeskoolde vroue op in gasvryheid, kleremaak en lewensvaardighede. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Danny Meyer van SME’s Compete oor die belangrikheid van inisiatiewe soos Women at Work.

