
Wysigings oor beslagleggings verwelkom
Loading player...
Voormalige ombudsman John Walters het die langverwagte veranderinge aan eiendomsbeslagleggingswette geprys. Leners moet nou in kennis gestel word, in die hof aangehoor word, en eiendomme kan nie onder markwaarde verkoop word sonder twee onafhanklike waardasies nie. Dit, het Walters aan Kosmos 94.1 Nuus gesê, verdien applous.

