
Shalulile maak sokkergeskiedenis in die buurland
Loading player...
Harde werk, toewyding en geloof is die geheim vir sukses, sê Namibië se internasionale sokkerspeler, Peter Shalulile. Shalulile het die naweek Suid-Afrikaanse sokkergeskiedenis gemaak deur sy 130ste doel aan te teken. Die vorige rekord vir die meeste doelskoppe was 129 en het aan Siyabonga Nomvethe behoort. Shalulile, ‘n doelskieter vir Mamelodi Sundowns, het dié rekord tydens ‘n wedstryd teen Stellenbosch FC in Kaapstad gebreek.

