
Unam reageer op Wi-Fi klagtes
Loading player...
Studente by Unam kla sedert 14 Augustus oor swak Wi-Fi-dienste op kampus, veral in die koshuise en hoofbiblioteek. Hulle sê dit ontwrig hul studies en sommige het aanlyn toetse gemis weens die probleem, terwyl hulle vir die dienste betaal. Sommige sê hulle moes desperate planne maak soos om by ander instellings te studeer, en sê hulle word nie op hoogte gehou oor wat aangaan of wanneer die Wi-Fi herstel sal word nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Unam se woordvoerder, Simon Namesho.

