
Ekonoom Kasuto sien uit na bydrae by die Beplanningskommissie
Loading player...
Die ekonoom Jason Kasuto, wat onlangs by Namibië se Nasionale Beplanningskommissie aangestel is, bring sy onafhanklike stem en visie vir inklusiewe groei na die tafel. Kasuto, afkomstig van die Ekonomiese Vereniging van Namibië, sê sy missie is om lewensgehalte te verbeter en 'n meer billike ekonomie vir almal te bou. Kasuto sluit aan by 18 ander kommissarisse uit verskeie velde. Kasuto het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

