
Kommer in SA dat VSA-sanksies SWIFT stelsel kan raak
Loading player...
Staar Suid-Afrika finansiële isolasie in die gesig? Te midde van toenemende spanning oor die land se vermeende verbintenis met Rusland, neem kommer toe dat Amerikaanse sanksies daartoe kan lei dat Suid-Afrika afgesny word van SWIFT, die globale stelsel wat internasionale betalings beveilig en versnel. Maar ekonoom Dawie Roodt dring aan op kalmte en sê enige sanksies sal waarskynlik spesifieke banke of individue teiken, nie die hele finansiële stelsel nie. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.

