
Groenwaterstofprogram verduidelik vertraagde omgewingsimpakstudie
Loading player...
Die Namibiese groenwaterstofprogram het ná jare se vertragings 'n internasionale firma beopdrag om 'n omgewingsimpakstudie in die Tsau//Khaeb Nasionale Park uit te voer. Woordvoerder Jona Musheko het aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik dat plaaslike bieërs nie aan die nodige kriteria voldoen het om die studie uit te voer nie en daarom die vertraging.

