
Vennootskappe met die privaatsektor kan spoor-penarie beredder
Loading player...
Terwyl Namibië se hawens gereed is vir besigheid, hou die spoorwegnetwerk die land terug. 'n Nuwe Simonis Storm-analise waarsku dat verouderde treine en chroniese onderbefondsing vrag van die spoorlyne af dwing na reeds oorbelaste paaie - wat handel, mededingendheid en infrastruktuur benadeel. Thazwill Thompson, 'n ontleder by Simonis Storm het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en gesê privaat-openbare vennootskappe sal die situasie red.

