
Reuse-uitdagings met hulpverleniging in Afghanistan
Loading player...
Meer as 800 mense is dood en minstens tweeduisend beseer in die aardbewing van 6 wat Afghanistan se bergagtige oostelike grensgebied Maandag getref het. Die aardbewing was op 'n diepte van slegs agt kilometer, wat dit meer vernietigend maak. Die Nangarhar- en Kunar-provinsies is die ergste getref. Ibrahim Ahmed van Islamic Relief Worldwide verduidelik die uitdagings om hulp te verleen.

