
Rompslomp kelder vordering met behuising op Walvis
Loading player...
Die Backyard Tenants-groep in Walvisbaai, wat deel 19 van Farm 37 gekoop het, sê daar is vertragings in dorpsgoedkeurings. Die groep se Immanuel Festus sê die meeste huise is reeds voltooi, maar hul gedeelte word vertraag deur wat hy noem onnodige prosedures tussen die dorpsraad en lynministerie. Ongeveer 60 persent van die nedersetting sal na verwagting teen middel September klaar wees. Kosmos 94.1 Nuus het met Festus gesels:

